LAYER POT-BREAD IN THE SMALL DEEP GOURMET
- 1 winkel deeg, in porsies gedeel
- Roomkaas
- Botter, lekker sag dat dit maklik smeer
- Sesame saad (swart & wit)
- Garlic & herb seasoning ina paarman
- Los hierdie uit as jy dit as ‘n soet happie wil opdien
- Strooi op die werksoppervlak en rol die deegporsies uit, groot genoeg om in die Small Deep Gourmet te pas.
- Smeer botter en roomkaas oor.
- Sprinkel met sesame saad en Garlic en Herb Seasoning.
- Stapel op mekaar.
- Smelt bietjie botter,en laat loop dit in teen die kant van die roaster en ook ‘n bietjie bo-oor die laaste lagie.
- Maak toe met die deksel.
- Laat rys op ‘n warm plekkie vir so 20-30 minute.
- Skakel die oond aan teen 160ºC en bak vir 35-45 min of tot gaar.
Sout
- Enige koue vleis van jou keuse
- Tamatie & Komkommer Salsa
- Blaarslaai
- Biltong, gesny of fyn gekerf
- Geraperde Kaas
- Agurkies
- Roomkaas
- Enige Patee
- Roomkaas bietjie versoet met strooi
- Suiker
- KonfytVars of droë vrugte
- Gerasperde kaas
- Enige vleis van jou keuse (lam, bees of hoender)
- Aartappels geskil en in groot blokke gesny
- 2 of meer uie grof gekap
- 1 koppie rys
- 3 koppies water
- Sout en baie swartpeper
- Gooi die rys in die Large Gourmet Roaster.
- Voeg die water by.
- Geur met sout na smaak, voeg dan die aartappels en uie by.
- Geur na smaak.
- Geur jou vleis (ek het bietjie asyn oor die vleis gestrooi en toe sout en peper).
- Pak die vleis bo-op die aartappels en uie.
- Sit in die oond en skakel dit aan by 160ºC vir 90 minute of totdat die rys al die water geabsorbeer het.
- Jy kan 'n paar gesnyde groenbone en wortels, of enige ander grof gekapte groente by die aartappels en uie voeg.
- Onthou, jy kan jou Argilla bakke maklik op mekaar stapel in die oond of mikrogolfoond.
- Jy kan dus sonder veel moeite sommer ‘n lekker sagopoeding saam met jou kasserol in die oond laat gaar word, of appart in die mikrogolf.
MEATBALL AND PASTA CASSEROLE IN THE LARGE OVAL
- ± 230 g pasta
- 2 x 400 g bottel voorbereide pastasous Van jou keuse
- 250 ml water
- 250 ml melk (of water)
- 500 – 600 g maalvleis
- 1 x 50 g bruin uiesoppoeier
- 175 ml dubbelroom gewone jogurt
- ¼ koppie (62.5 ml) gerasperde
- Parmesaankaas, of enige ander kaas na smaak (opsioneel)
- Sit die pasta in die Large Oval Roaster.
- Meng die pastasous, water en melk en Giet oor die pasta.
- Die pasta moet heeltemal in sous gedompel word.
- Mikrogolf die pasta vir 15-20 minute op Hoog.
- Roer die mengsel tydens die kookproses.
- Meng intussen al die frikkadel bestanddele, behalwe die parmesaankaas.
- Wanneer die pasta amper gaar is, rangskik die frikkadelle bo-op die pasta.
- Druk dit gedeeltelik in die pasta en sous.
- Bedek met die deksel en mikrogolf dit vir 10-15 minute op Hoog of sit dit in die oond vir 30-40 minute teen 160ºc.
- Strooi die Parmesaankaas oor; sit terug na oond/mikrogolfoond vir 5 minute.
- Haal uit die oond en bedien of, sit vir 5 minute eenkant, voor opdiening, as dit in die mikrogolfoond gaargemaak is.
- 375 - 500 ml bruismeel
- 250 ml dubbelroom natuurlike jogurt
- ‘n knippie sout
- Roomkaas
- Enige gaar, koue vleis
- Mozzarella kaas - snye
- Soetrissie (groen, geel, rooi)
- Ina Paarman se rosemary & olive seasoning of enige geurmiddel van jou keuse.
- Meng die bestanddele in 'n bak om 'n deeg te vorm.
- Dra oor na 'n meelbestrooide werkoppervlak.
- Knie die deeg af en voeg nog meel by soos nodig om 'n sagte deeg te vorm – knie vir so 8-10 Min.
- Smeer die bak liggies met olie en plaas die deeg binne, draai dit om, om bietjie olie aan alle kante van die deeg te kry.
- Bedek met kleefplastiek, of 'n skoon kombuishanddoek.
- Hou eenkant vir 30 minute.
- Verdeel die deeg in 150g balletjies. Rol op 'n meelbestrooide oppervlak uit in 'n ronde vorm van ± 15cm in deursnee (nie te dun nie).
- Sny 2 kepe in die deeg so 4 cm van die buiterand af.
- Geur met jou speserye.
- Sit die vulsel in die middel:
- Begin met die Roomkaas, dan die vleis, kaas en eindig met die soetrissies.
- Vou die linkerkant deur die opening van die regterkant en steek onder in.
- Herhaal aan die ander kant.
- Pak langs mekaar in die Large Oval Roaster/All-In-One Dish.
- Smeer met gesmelte botter/olie en sprinkel geurmiddels.
- Skakel die oond aan op 160ºc en bak dit vir 30 -35 minute tot gaar en goudbruin.
BEEF SCHNITZEL & BAKED POTATOES IN THE LARGE OVAL
- 500 – 750 g dun gesnyde steaks:
- Dikker snitte = medium gaar en
- Dunner snitte = goed gaar.
- 100 - 125 ml meel, geur met 10 ml knoffelpoeier, 5 ml paprika, sout en peper na smaak – meng in 'n skoon plastieksak.
- 2 – 3 groot eiers, liggies geklits
- 500 ml broodkrummels
- 5 – 6 aartappels in 5 mm-skywe gesny
- 30 ml olie
- Geurmiddels van jou keuse
- Bedek die aartappels met olie en geur.
- Sit in die Large Oval Roaster.
- Bedek die bodem van die bak met die aartappelskywe.
- Sit onbedek in 'n koue oond en rooster vir 20 minute by 160ºC, terwyl jy die steak voorberei.
- Sit die steakstukke in die gegeurde meel in die plastieksak en skud goed.
- Doop elke stukkie in die eier, en dan die broodkrummels.
- Haal die aartappels uit die oond. Draai dit om en rangskik dan die gekrummelde steakstukke bo-op.
- Bedruip met 'n bietjie olie.
- Sit dit onbedek terug in die oond en rooster vir 30 minute.
- Draai die steak om (om aan die ander kant te verbruin).
- Bedruip weer met 'n bietjie olie.
- Sit dit terug in die oond vir nog 20-30 minute.
- Sit voor met 'n sampioen en swartpepersous.
- As jy nie broodkrummels het nie. Rol Cornflakes fyn en geur dit met Aromat – dis heerlik!
No comments:
Post a Comment