EASY FISH, CHICKEN OR BEEF PATTIES IN THE MEDIUM CLASSIC
Vir hoender- of beesvleiskoekies, vervang eenvoudig die vis met gemaalde
hoender of beesvleis.
- 1 x 410 g Pilchards in tamatiesous,
- Gedreineer en gevlok - hou die tamatiesous (of ± 400 g gaar vis)
- 200 ml hawermout, rou
- 3 eiers
- 125 ml vars jong spinasie, fyn gekap
- 2-3 sprietuie, gekap
- Skil en sap van 1 suurlemoen (±15 ml)
- Sout, peper of enige ander geurmiddels na smaak
- Bruin uiesoppoeier
Metode
- Meng al die bestanddele saam behalwe die soppoeier.
- Vorm 6 of meer koekies van redelike grootte.
- Sprinkel ’n bietjie soppoeier op die bodem van die Medium Classic Roaster en pak die koekies langs mekaar.
- Sprinkel weer ‘n bietjie van die soppoeier bo-oor.
- Plaas in 'n koue oond en skakel dit aan teen 160ºC.
- Bak vir 30-45 minute tot gaar.
- Maak 'n verskeidenheid koekies en bak almal saam.
- Gebruik winkeldeeg en bak 'n potbrood in 'n gesmeerde Small Deep Gourmet Roaster.
- Maklike Mayo Sous: Meng 100 ml mayonnaise, 100 ml gewone jogurt, 5 ml suiker, Ina Paarman se Knoffel- en Kruiegeursel, sout en peper.
- Sit voor saam met die brood, tuisgemaakte sous en Vars Salsa
Wenk
- Maak jou eie gemaalde hoender deur effens ontdooide hoenderfilette grof te rasper.
OXTAIL - LARGE CLASSIC AND SAMP - SMALL DEEP GOURMET
Bestandele - Beesstert
- 2 x beessterte
- Uie, knoffel, aartappel en ander groente van jou keuse
- 3 ryp tamaties
- 2 e tamatiepasta
- 2 e tamatiesous
- 1 t suiker
- 1 t droë tiemie
- 1 t kerriepoeier
- 2 t fyngedrukte gemmer
- 1 blok beesvleisaftreksel opgelos in 100 ml warm water,
- 2 e ryk beesstert soppoeier
- Sout, peper en bietjie paprika
- Opsioneel: 500 g bevrore mielie-ertjie-groentemengsel, gaargemaak in die mikrogolfoond in 'n small gourmet roaster
Metode
- Meng al die bestanddele behalwe die mielie-ertjie-groentemengsel, in die Large Classic Roaster.
- Plaas in koue oond en skakel aan teen 160ºC.
- Laat stoombraai vir ± 2 uur, tot sag en bruin.
- Voeg die gaar mielie-ertjie-groentemengsel by.
- Sit voor met rys of stampmielies.
Bestandele - Stampmielies
- 1 koppie stampmielies
- 4 koppies water
- 1 teelepel sout
- 1 eetlepel of meer botter
- 50 ml vars room (opsioneel)
Metode
- Meng al die bestanddele in die Small Deep Gourmet Roaster en laat dit saam met die Beesstert in die oond gaar word.
- Wanneer dit klaar is – roer die vars room by.
RICE AND FISH CASSEROLE IN THE MEDIUM GOURMET
Bestandele
- 250 ml basmati/gewone rys
- 5 ml sout
- 500 ml water
- ¼ of meer groen soetrissie, gekap
- ¼ of meer rooi soetrissie, gekap
- ¼ of meer geel soetrissie, gekap
- 1 ui, geskil en gekap
- 200 g spek, gekap (gaar of rou)
- 500 g rou vis (gevries of ontdooi) in kleiner porsies gesny
- 10 ml fyngedrukte knoffel & brandrissie
- 10 ml fyngedrukte knoffel (opsioneel)
- 10 ml olie
- 5 ml Ina Paarman's Braai & Grill of enige ander geurmiddel
- Sout, peper of enige ander geurmiddels
Metode
- Sit die visporsies in die Medium Gourmet Deksel.
- Voeg die fyngedrukte knoffel & brandrissie, knoffel, olie en geurmiddels by en meng dit met jou hande deur die visporsies.
- Laat dit sit terwyl jy die res van jou kasserol doen.
- Gooi die rou rys in die Medium Gourmet Bak en geur met die sout.
- Pak die soetrissies, uie en spek in lae bo-op die rys.
- Voeg die water by en sit die gekruide vis met al die sous bo-op.
- Spoel die deksel af en maak die bak toe.
- Plaas in 'n koue oond en skakel dit aan teen 160ºC.
- Kook vir 45-60 minute, totdat die rys al die water geabsorbeer het en die vis gaar is.
- Jy kan die deksel vir die laaste 15 minute verwyder.
- Bedien met 'n heerlike tuisgemaakte Mayo Sous.
Wenk
- Vir 'n bietjie variasie, vervang die vis met garnale of hoenderfilette.
PORK CHOPS WITH BROWN MUSHROOMS IN THE OVAL ROASTERS
Bestandele
- 8 varkrib tjops
- 1 groot ui
- 400 g bruin sampioene, gehalveer
- 20 ml meel
- 20 ml brandrissie bees- en groentesop
- 2 blokkies beesvleisaftreksel opgelos in 350 ml warm water
- 60 ml room
Metode
- Gebruik 'n skerp mes of kombuisskêr en sny die vel af – laat 'n dun lagie vet oor op die tjops.
- Sny die vel in klein blokkies en sit dit in die Medium Oval Roaster met die uie in skyfies gesny – geur met seesout of enige ander geurmiddel.
- Geur die varktjops aan albei kante met sout en peper.
- Sit die tjops in die Large Oval Roaster en voeg die by sampioene.
- Meng die meel, soppoeier, room en vleisaftreksel en gooi dit oor die varktjops.
- Plaas albei Oval Roasters in 'n koue oond en skakel dit aan teen 160°C.
- Stoombraai die varktjops vir 1½ uur – verwyder die deksel na ‘n uur.
- Kyk na die vel en ui in die Medium Oval Roaster – as dit klaar is, haal dit uit die oond en hou eenkant totdat die tjops gaar is.
- Wanneer dit klaar is, strooi die vel en ui oor die tjops voor opdiening.
- Bedien met Bruin Rys en Geroosterde Groente.
MARELIZE’S LEFTOVER PIE IN THE LARGE CLASSIC ROASTER
Bestandele - Vulsel
- ± 750 g – 1kg oorskiet vleis & groente in blokkies gesny. (jy kan uie, sampioene of enige ekstra vulsel van jou keuse byvoeg)
- 1 pakkie bruin uiesoppoeier gemeng met 500 ml water
- ± 100 ml jimmy bbq sous
- Sout, peper of enige ander geurmiddels na smaak
- Meng alles saam in die large classic roaster en mikrogolf dit vir ± 10 minute op hoog of tot gaar.
- 125 ml melk
- 125 ml sonneblomolie
- 1 eier
- 200 ml meel
- 10 ml bakpoeier
- 'N knippie sout
- 2 groot uie, in ringe gesny
- Meng al die bestanddele, behalwe die uie, en giet oor die vulsel.
- Rangskik die uieringe oor die deeg.
- Plaas in 'n koue oond en skakel dit aan tot 160°C.
- Bak vir 30 minute of tot goudbruin.
- Sit voor saam met 'n vars slaai.
No comments:
Post a Comment