BEEF & CARROT STEW IN THE MEDIUM GOURMET
Bestandele
- 500 g goeie kwaliteit beesvleis, in stukke gesny
- 2 x medium uie, in kwarte gesny
- 3 medium wortels, grof gesny
- 200 g sampioene, grof gesny
- 50 g meel
- 500 ml droë wit- of rooiwyn, of hoender/beesvleisaftreksel (2 x aftrekselblokkies opgelos in 500 ml warm water)
- 150 ml beesvleisaftreksel (1 beesgeuraftrekselblokkie opgelos in 150 ml warm water)
- 15 ml uie blatjang
- sout en peper na smaak
- knoffel (opsioneel)
- 15 ml vars gekapte pietersielie of 'n paar teelepels gedroogde, plus 'n paar vir garnering
Metode
- In 'n Medium Gourmet Roaster – Meng die meel met 'n bietjie van die vloeistof (aftreksel/wyn), tot 'n gladde pasta.
- Voeg die res van die vloeistowwe by en meng deeglik.
- Voeg die wortels, uie, sampioene, knoffel, pietersielie by en laastens die vleis.
- Geur na smaak.
- Sit die deksel op en plaas in 'n koue oond.
- Skakel aan teen 160ºC en kook vir 1½ - 2 uur.
- Haal die deksel na 1½ uur af.
- Sit voor met rys of enige ander stysel van jou keuse.
Wenk
- Kook jou keuse van stysel in die oond saam met die bredie deur 'n kleiner Argilla Roaster te gebruik.
POTATO, CHEESE & BACON SOUP IN THE GOURMET ROASTER
Ek het die Small Deep Gourmet gebruik en die resep in 3 verdeel - perfek
vir 2 x Argilla Soup Mugs en genoeg vir 2 porsies.
Bestandele
- 6 groot aartappels of 8 halfduim aartappels, geskil en opgesny
- 1 pakkie, 50 g, wit uiesoppoeier
- 500 ml water
- 250 ml vars room
- 500 ml gerasperde cheddarkaas
- 15 ml gekapte vars pietersielie of gedroogde pietersielie
- 250 g spekvleis
- 5 – 10 ml olie om die spek in te braai
- Sout en peper na smaak
Metode
- Mikrogolf die spek en olie vir 5-7 minute op Hoog in die Medium Gourmet Roaster.
- Skep uit en hou eenkant.
- Plaas die gesnyde aartappel, sout en 250 ml water in dieselfde Medium Gourmet Roaster.
- Sit die deksel op en mikrogolf dit op Hoog vir 10 minute of tot die aartappels sag is.
- Voeg die ander 250 ml water by en maak die aartappels fyn met 'n handmenger.
- Voeg die gaar spek, room en 250ml kaas by.
- As die sop te dik is, voeg nog water by en mikrogolf die sop op Hoog vir 5-8 minute, terwyl jy dit gereeld roer.
- Geur met ekstra sout indien nodig, en growwe swartpeper.
- Gebruik die oorblywende gerasperde kaas vir opdiening – gooi dit onder in elke Argilla Soup Mug en skep sop bo-op.
- Sit voor saam met brood, broodrolletjies of vetkoek.
MELT IN YOUR MOUTH CHICKEN IN THE MEDIUM CLASSIC
Bestandele
- 4 ontbeende, vellose hoenderborsies/filette
- 250 ml mayonnaise/gewone jogurt
- 125 ml Parmesaankaas
- 5 ml Ina Paarman’s Seasoning Salt
- 2,5 ml swartpeper
- 5 ml knoffelpoeier
- Ina Paarman se Braai & Grill of paprika na smaak
Metode
- Plaas die hoender in 'n Medium Classic Roaster.
- Meng mayonnaise/jogurt, kaas, sout, peper en knoffel, en skep die mengsel oor elkeen van die hoenderstukke.
- Sprinkel Ina Paarman se Braai & Grill of paprika bo-oor.
- Sit die deksel op en plaas in 'n koue oond.
- Skakel aan teen 160ºC en bak vir 30 minute.
- Haal die deksel af en sit dit terug vir nog 20-25 minute.
- Sit voor met rys en gemengde groente.
Wenk
- Kook die groente en rys saam met die hoender in die oond.
- Groente: Meng 30 ml botter en geurmiddels van jou keuse in 'n Small Classic/Gourmet Roaster.
- Geen water is nodig nie.
- Verwyder na 30 minute.
- Rys: Kombineer 1 koppie rys, 2 of 3 koppies water en 5 ml sout in 'n Small/Small Deep Gourmet Roaster.
- Roer na 30 minute.
- Die rys behoort gaar te wees wanneer die hoender gaar is.
- As dit nog te ferm is, laat dit vir nog 5-10 minute kook.
CHICKEN LIVERS/BUTTON MUSHROOMS IN A CREAM SAUCE
Hoenderlewers kan met knopiesampioene vervang word.
Bestandele
- 1 gekapte ui
- 1 gekapte knoffelhuisie
- 20ml olie/botter
- 'n paar gesnyde sampioene
- (opsioneel)
- 500g hoenderlewers, skoongemaak
- (Opsioneel: week die lewers in 'n bietjie melk om van die metaalsmaak ontslae te raak. Spoel goed af voor gebruik).
- 15 ml wit uiesoppoeier
- 15 ml soet brandrissiesous
- 125 ml room
- sout en peper na smaak
- 'n bietjie brandewyn (opsioneel)
Metode
- Braai die ui, knoffel en gesnyde sampioene (opsioneel) in die olie/botter vir 5 minute op Hoog in die mikrogolf in die Medium Classic Roaster.
- Voeg die hoenderlewertjies/knoppiesampioene by en mikrogolf vir 5-7 minute op Hoog.
- Voeg die soppoeier, soetrissiesous en room by.
- Geur met sout en peper.
- Mikrogolf vir 5-7 minute om net goed deur te kook.
- Laat staan vir 'n paar minute om die sous te laat verdik.
- Opsioneel: Voeg 'n bietjie brandewyn en varsgemaalde swartpeper by.
QUICHE LORRAINE IN THE SERVER DIVIDERS/SIDE SERVERS
Bestandele - Kors
- 1 x 400 g broskors, uitgerol en in 6 gelyke dele verdeel
- 1 eiergeel
Bestandele - Vulsel
- 200 g spekvleis
- 125 ml cheddarkaas, gerasper
- 200 ml roomkaas
- 200 ml room
- 3 eiers, goed geklits
- knyp gemaalde neutmuskaat
- Sout en peper na smaak
Metode
- Rol die deeg uit op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en verdeel in 6 gelyke dele.
- Voer 3 gesmeerde Small Server Dividers of 6 Side Servers uit met die deeg.
- Sny enige ekstra deeg aan die rande af en gebruik dit om in te vul waar die deeg ook al onder die vlak van die bakkies se rande gaan.
- Druk die deeg liggies in die basis van elke bak vas en prik met 'n vurk.
- Rond die rande af en laat dit dan vir sowat 10 minute verkoel terwyl jy die vulsel voorberei.
- Mikrogolf die spek vir 7 minute op Hoog in die Medium Classic Roaster.
- Voeg al die ander bestanddele by en meng deur.
- Verdeel die mengsel tussen die deeg-gevoerde bakkies.
- Plaas in koue oond en skakel aan teen 160⁰C.
- Bak vir 35 minute of tot gaar en goudbruin.
- Laat die souttert vir 4-5 minute rus en haal dan uit die bakkies.
- Sit varsgebak voor met ’n lekker slaai, of gebruik dit later – hulle is heerlik wanneer dit warm of koud bedien word.
No comments:
Post a Comment