ARGILLA - WEEK 12 RESEPTE


EASY SAVOURY PIE IN THE ALL-IN-ONE DISH

Bestandele

  • 300 gram Bully Beef (of enige ander vleis)
  • 1 gekapte ui
  • 4 of 5 eiers
  • 500 ml gerasperde kaas
  • 125 ml meel
  • 450 ml melk
  • 15 ml gekapte pietersielie
  • 5 ml speserye van jou keuse
  • 'n knippie peper
  • gekapte sampioene en groen, rooi en geel soetrissies (opsioneel)
  • 'n halwe pakkie bruin uiesoppoeier
  • (opsioneel - vir ekstra geur)

Metode

  • Meng alles saam.
  • Spuit die Round Pie Dish, All-in-One Dish of enige ander geskikte Argilla-produk, met kleefwerende sproei.
  • Plaas in koue oond en skakel aan teen 160°C.
  • Bak vir 30 minute tot goudbruin.

Wenk

  • Vervang die Bully Beef met spek, maalvleis of selfs tuna.
  • Sit voor saam met 'n heerlike slaai.


CHICKEN DORITOS CORDON BLEU IN THE LARGE OVAL/RECTANGULAR

Bestandele

  • ½ pakkie of meer Sweet Chilli Pepper
  • Doritos skyfies, fyngedruk
  • 4 - 6 hoenderborsies, horisontaal in die helfte gesny
  • 8 - 12 snye ham (opsioneel)
  • kaas, gerasper of in skywe gesny /
  • Fetakaas en spinasie (opsioneel)
  • 2 groot eiers, geklits
  • 1 koppie meel
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel swartpeper

Metode

  • Plaas die hoenderkoelette, een vir een, tussen twee stukke kleefplastiek en stamp liggies met 'n vleishamer of koekroller totdat dit ewe dik is (sowat 7 mm).
  • Meng die meel, sout en peper in 'n houer.
  • Klits die eiers in 'n houer.
  • Draai die hoenderkoelette uit, voeg kaas en ham by (opsioneel) en rol op.
  • Doop en bedek die hoender in die meel- en geurmengsel, gevolg deur die eier en laastens die Doritos-krummels (gebruik baie).
  • Plaas die Hoender Cordon Bleu in die Large Oval/Rectangular Roaster.
  • Plaas in koue oond en skakel aan tot 180°C.
  • Bak onbedek vir 30-45 minute of tot gaar.
  • Sit voor met guacamole en skyfies.

Wenk

  • Jy kan die Oval Roaster en sy deksel gebruik, indien jy twee bakke nodig het, of selfs die Oval Utility en sy deksel.

 

ONE DISH MINCE AND PASTA CASSEROLE IN THE LARGE OVAL

Bestandele

  • ± 250 g pasta
  • 50 ml soppoeier (enige geur)
  • 1 ui, gekap (opsioneel)
  • 10 ml knoffel, fyngedruk (opsioneel
  • 400 - 500 g maalvleis (oorskietvleis/tuna/boelievleis ens)
  • 500 ml water (250 ml water + 250 ml melk)
  • sout, peper en enige ander geurmiddels van jou keuse
  • 250 ml cheddar/mozzarellakaas, gerasper (verdeel)
  • 100 ml parmesaankaas

Metode

  • Meng die pasta, uie, knoffel, soppoeier, beesvleis, water en die helfte van die kaas in die Large Oval Roaster.
  • Geur na smaak.
  • Sit die deksel op, en plaas in 'n koue oond.
  • Skakel die oond aan na 160ºC en bak vir 40-45 minute.
  • Verwyder die deksel.
  • Sprinkel die oorblywende kaas en die Parmesaankaas oor.
  • Sit terug in die oond en bak tot die kaas gesmelt is en dit begin verbruin.
  • Bedien met 'n vars slaai van jou keuse.

Wenk

  • Gebruik oorskiet vir 'n heerlike ontbyt:
  • Herverhit in 'n Snack Bowl vir 1 minuut op Hoog in die mikrogolfoond.
  • Kraak 'n eier bo-op die maalvleis en pasta en prik die geel met 'n tandestokkie.
  • Geur met sout en peper en mikrogolf vir nog 60-90 sekondes op Hoog.
  • Voeg tamatieblokkies en gekapte sprietuie by vir 'n vars aanraking.

 

EASY LEG OF LAMB IN THE OVAL ROASTER

Bestandele

  • ± 2 kg lamsboud
  • 1 x 34 g pakkie gekaramelliseerde ui
  • & balsamiese kitssous of enige ander van jou keuse
  • 2 of meer uie in kwarte/gehalveer
  • (opsioneel)
  • 2 vars knoffel, in die helfte gesny
  • (opsioneel)
  • aartappels, geskil (opsioneel)
  • sout en peper, of ander geurmiddels van jou keuse

Metode

  • Sit die lamsboud in 'n groot genoeg Oval Roaster.
  • Sprinkel die souspoeier aan albei kante en druk effens met jou hand vas.
  • Sit die ui en knoffel saam met die skaapboud in die bak.
  • Plaas in 'n koue oond en skakel dit aan teen 160ºC.
  • Stoom-braai vir 90 minute.
  • Voeg die aartappels by en sit terug in die oond vir nog 60 minute.
  • Haal uit die oond. Plaas die aartappels, ui en knoffel (wat van die begin af daar was) in die Oval Lid.
  • Sny die lamsboud in skywe en plaas die skywe terug in die sous.
  • Bedien met heerlike bykosse van jou keuse.

Wenk

  • Die maklikste manier om die lamsboud op te sny, is om dit te ontbeen wanneer dit gaar is.
  • Sodra die been uit is, maak dwars insnydings in die dikker dele, sodat dit oral min of meer dieselfde dikte is, sny en sit terug in die heerlike sous.

 

TORTILLA WRAP PIE IN THE CAKE PAN/MEDIUM CLASSIC ROASTER

Bestandele
  • 1 x groot tortilla wrap
  • 3 eiers
  • ± 150 ml roomkaas
  • ± 250 ml of meer vleis of oorskietvleis van jou keuse (tuna, gaar hoenderrepies, gaar maalvleis, viennas ens.)
  • Groente van jou keuse, in skywe of in blokkies gesny (soetrissies, sampioene, rooi ui, babaspinasie, ens.)
  • Sout en peper of enige ander geurmiddel van jou keuse
  • ± 250 ml mozzarella/cheddarkaas, gerasper
Metode
  • Smeer 'n Argilla Cake Pan met botter of spuit dit met kleefwerende sproei.
  • Voer die Cake Pan met die tortilla uit.
  • Klits die eiers en roomkaas saam en gooi dit in die tortilla.
  • Pak die vleis en groente in laag, geur na smaak en eindig met die gerasperde kaas.
  • Plaas in 'n koue oond en skakel dit aan na 160ºC.
  • Bak vir 30-35 minute totdat die kaas gesmelt is en begin verbruin.


No comments:

Post a Comment