ARGILLA - WEEK 13 RESEPTE


EASY CURRY AND RICE USING THE GOURMET ROASTERS

Bestandele

  • 1 – 2 kg lam/bees stowe vleis, groot blokke gesny
  • Vars groente van jou keuse:: 2 x wortels, grof gesny; 1 x patat, grof gesny; handvol groenbone, grof gesny; 1 groot ui, grof gesny.
  • 200 ml Tikka Curry Coat & Cook Sauce
  • Sout & peper na smaak

Metode

  • Meng al die bestanddele in die Argilla Large Gourmet Roaster.
  • Sit die deksel op en sit dit in die oond.
  • Skakel die oond aan teen 160 ºC en maak dit gaar in die oond vir 90 minute.
  • Haal die deksel af die laaste 15 minute.

Wenk

  • As jy gevriesde groente gebruik sit dit bietjie later by, anders kook dit te sag.

Bestandele - Rys

  • 250 ml rys
  • 750 ml water
  • 5 ml sout
  • 5 ml botter (opsioneel)

Metode

  • Meng alle saam in die Argilla Small Gourmet roaster en maak saam met die Kerrie-vleis gaar in die oond teen 160ºC.
  • Kan die rys na 60 minute uithaal indien verkies.

  

 

JALAPEÑO-POPPER CHICKEN CHEESE POLENTA POT PIE - PAGE 1/2

Bestandele

  • 200 g spek, in blokkies gesny
  • 400 - 500 g hoenderborsie sonder been
  • 30 ml olie
  • 1 middelslag ui, gekap
  • 1 koppie botterskorsie of patats in blokkies
  • 2 rooi soetrissies, gekap
  • 2 jalapeño's ontpit en gekap, plus meer vir garnering (opsioneel)
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml (of minder) brandrissiepoeier
  • 5 ml smoked paprika
  • 5 ml komyn
  • 1 ml origanum
  • 2,5 ml sout
  • 2,5 ml peper
  • 60 ml meel
  • 500 ml hoender aftreksel (1 blokkie chicken flavour opgelos in 500 ml warm water)
  • 30 ml tamatiepasta
  • 15 ml enige warm sous
  • 60 – 100 ml room
  • 250 ml black beans blikkie, afgespoel
  • En gedreineer indien blikkie gebruik
  • (opsioneel)
  • Sprietuie gekap, vir opdiening

Bestandele - Polenta

  • 500 ml hoender aftreksel (1 blokkie chicken flavour opgelos in 500 ml warm water)
  • 500 ml melk
  • 250 ml polenta/mieliemeel
  • 250 ml cheddarkaas, gerasper
  • 1,25 ml sout
  • 1,25 ml peper
  • 30 – 60 ml botter

Metode

  • Mikrogolf die olie, spek, ui, knoffel, Jalapeño's en soetrissies vir 10-15 minute op hoog in die Argilla Medium

  



JALAPEÑO-POPPER CHICKEN CHEESE POLENTA POT PIE - PAGE 2/2

Gourmet Roaster.

  • Meng die meel met 'n bietjie van die vloeistof en voeg by.
  • Voeg die hoender, botterskorsie en al die ander bestanddele by – roer om in te werk.
  • Mikrogolf vir 10-15 minute, tot gaar, op hoog.
  • Roer af en toe gedurende die kooktyd.
  • Maak die polenta in enige geskikte Argilla bak in die Mikrogolf – Meng al die bestanddele behalwe die kaas en Mikrogolf op hoog vir 10 minute – roer af en toe gedurende die kooktyd.
  • Wanneer gaar voeg die kaas by en meng goed.
  • Skep die polenta bo-op die gaar hoender en plaas in die oond en bak tot die polenta goudbruin en die kaas gesmelt is, sowat 30 minute.
  • Of mikrogolf dit net vir 5 minute op hoog.
  • Haal uit die oond en garneer met ekstra kaas, sprietuie, ekstra soetrissies en kruie.
  • Sit voor met 'n vars groenslaai van jou keuse.

Wenk

  • Kan ook individuele porsies in die Foody /Pasta/Lasagne Bowls maak.Healthy cooking made easy.


 

HOMEMADE PIZZA USING THE ARGILLA PIZZA/PASTRY SLATES

Bestandele

  • 250 ml dubbelroom gewone jogurt,
  • 500 ml bruismeel
  • bietjie olie
  • knippie sout (opsioneel)
  • Marinara sous (enige ander sous van jou keuse)
  • mozzarella/cheddarkaas, gerasper
  • salami/pepperoni/gaar spek/gaar maalvleis/gaar vis (enigiets van jou keuse)
  • sampioene/pynappel/rissies/uie/olywe of enige iets van jou keuse
  • Enige ekstra geurmiddels van jou keuse

Metode

  • Meng die meel, jogurt en sout saam en knie 'n bietjie totdat dit 'n deeg vorm. (As dit te sag is, voeg nog meel by, as dit te styf is, voeg nog jogurt by).
  • Smeer die deeg en ook die bak met 'n bietjie olie bedek dit met kleefplastiek/'n plastieksak en laat dit vir 30 minute in die yskas rus.
  • Rol die deeg uit in die vorm en dikte waarvan jy hou.
  • Spuit die Argilla Pizza/Pastry Slates met Spray & Cook en sprinkel bietjie meel oor (opsioneel).
  • Plaas die uitgerolde deeg op die leiplaatjies.
  • Smeer die rand van die deeg met 'n bietjie olie.
  • Smeer sous oor die deeg, laat die olierand van die deeg oop.
  • Strooi gerasperde kaas oor, gevolg deur toppe van jou keuse.
  • Sit die pizza in 'n koue oond.
  • Skakel die oond aan op 180ºC en bak die pizza vir 20 minute tot gaar en bruin.

Wenk

  • Die klassieke manier om 'n pizza te bedek, is om met die sous te begin, gevolg deur kaas, en laastens ander toppe en garnering, maar jy kan dit doen soos jy wil.


      


    SPAGHETTI BOLOGNESE USING THE OVAL/GOURMET ROASTERS

    Bestandele

    • 500 g spaghetti
    • Warm kraanwater, genoeg om die spaghetti heeltemal te bedek
    • 5 ml sout
    • 15 ml olie

    Metode

    • Plaas die spaghetti in die Argilla Large Oval Roaster en bedek dit met warm kraanwater.
    • Voeg sout en olie by.
    • Mikrogolf onbedek vir 10 minute op hoog onbedek.
    • Roer twee keer.
    • Haal uit die mikrogolfoond, bedek met die deksel en sit eenkant vir 10 minute.
    • Dreineer en geur na smaak.
    • Terwyl spaghetti rus. Kook die Bolognese.

    Bestandele - Bolognese

    • 1 kg maalvleis
    • 1 gekapte ui
    • 70 g tamatiepasta
    • Knippie suiker
    • 1 x 50 g knor bolognese
    • Kook-in-sous
    • 400 ml water

    Metode

    • Meng alles saam in die Argilla Medium Oval Roaster.
    • Mikrogolf vir 15-20 minute op Hoog of tot gaar.
    • Voeg sout en peper na smaak by.
    • Sit voor met kaas van jou keuse en vars tamaties of enige slaai/salsa van jou keuse.


        

      RIEKIE’S FAMOUS TOMATO STEW

      Bestandele

      • 1 kg stowe beesvleis, opgesny
      • 400 g tamaties, gekap (blikkie tamatie of boeriesous werk ook goed)
      • 250 g gekapte uie (1 groot ui)
      • 10 ml sout
      • 2 ml peper
      • 2 ml kaneel
      • 2 ml fyn gemmer
      • 10 ml suiker
      • 2 ml tiemie
      • 2 naeltjies
      • 2 stingels pietersielie
      • 10 ml suurlemoensap
      • 1 klein brandrissie of 1 ml brandrissiesous
      • 250 ml aftreksel/wyn/water

      Metode

      • Meng al die bestanddele in die Argilla Large Oval/Gourmet Roaster.
      • Sit die deksel op en sit in die oond.
      • Skakel die oond aan op 160ºC en bak vir 1½-2 uur tot sag.
      • Bedien met samp of rys en gemengde groente met kaassous

      Wenk

      • Kan enige groente van jou keuse soos wortels en aartappels byvoeg.


          

        No comments:

        Post a Comment