ARGILLA - WEEK 15 RESEPTE


ALL-IN-ONE RICE POTJIE USING THE MEDIUM GOURMET ROASTER

Bestandele

  • 500 g maalvleis
  • 1 ui, gekap
  • 1 wortel, geskil en in blokkies gesny
  • 200 g spek, gekap
  • 200 g sampioene, gekap
  • 250 ml rys
  • 1 blik (400g) gekapte tamatie
  • 250 ml vleis aftreksel (1 blokkie beef
  • Stock opgelos in 250 ml warm water)
  • 500 ml water (250 droë wit wyn + 250 ml water)
  • 30 ml braaispeserye (ietsie met ‘n byt)
  • Avokado en vars koljander vir opdiening
  • Of salsa van jou keuse

Metode

  • Meng al die bestanddele in die Argilla Medium Gourmet Roaster, behalwe die avokado en koljander.
  • Sit die deksel op.
  • Sit in ‘n koue oond.
  • Skakel die oond aan teen 160ºC en bak vir 60-90 minute tot gaar en al die vog geabsorbeer is.
  • Of haal die deksel af as dit te waterig is.
  • Dien op in die Argilla Foody Bowls met vars avokado en vars koljander of salsa van jou keuse.

  

 

FETTUCCINE USING THE LARGE OVAL & MED GOURMET ROASTER

Kook die pasta:

  • 400 g Fettuccine/Spaghetti
  • 6 x 250 ml warm water
  • 5 ml sout
  • Olie
  • Plaas die Fettuccine/Spaghetti in die Argilla Large Oval Roaster.
  • Bedek met warm water, voeg die sout en olie by en meng dit deur.
  • Mikrogolf onbedek vir 15 minute op Hoog.
  • Roer twee keer tydens kookproses.
  • Hou eenkant vir 5 minute bedek met die deksel.
  • Dreineer oortollige water, voeg 'n bietjie ekstra geurmiddels by indien verkies en bedruip met olie om te keer dat pasta aanmekaar kleef.

Berei intussen die spek voor:

  • 400 g spek, in repe gesny
  • 1 groot of 2 middelslag uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 20 ml olie
  • Plaas die spek, knoffel en ui in die argilla medium gourmet roaster en bedruip met die olie.
  • Mikrogolf, onbedek vir 7-10 minute op hoog.

Klits saam:

  • 5 groot eiergele
  • 150 ml vars room
  • 150 ml parmesaankaas, gerasper
  • Sout & gemaalde swartpeper
  • Gooi dit oor die warm pasta.
  • Voeg die spekmengsel by.
  • Meng deur en garneer met vars gekapte pietersielie.
  • Bedien dadelik
  • Let wel: die hitte van die pasta is voldoende om die eiergele gaar te maak.

  


QUICK HOMEMADE RAMEN USING THE LARGE OVAL ROASTER

Gebruik enige gegeurde ramennoedels, en slaan vinnige ‘n tuisgemaakte ramen saam. Voeg by vars groente en kruie en maak hierdie ramen ekstra lekker, gesond en geurig.

 

Bestandele

  • 200 g kool, gekap
  • 100 g baba spinasie,
  • 250 g hoenderfilet, in repe gesny
  • 250 g teriyaki flavour ramen
  • Noodles with soy sauce & sesame seed
  • 5 ml fyngedrukte knoffel
  • Ina paarman’s chicken spice of enige geurmiddel van jou keuse
  • Sprietuie, gekap
  • Shimeji/shiitake-sampioene
  • 2 blokkies hoenderaftreksel, opgelos in 2 liter kookwater.
  • Opsionele ekstras: 1 koppie gesnipperde wortels, gekapte kale, gesnipperde murgpampoentjies, gekookte eier.

Metode

  • Sprinkel die hoenderrepies met Ina Paarmans Chicken seasoning en mikrogolf vir 4 minute op Hoog in Argilla Large Oval Roaster.
  • Plaas die hoenderrepies oor na die deksel en hou eenkant.
  • Gebruik dieselfde bak en sit die kool, sampioene, knoffel, hoenderaftreksel, die sojasous van die Teriyaki Flavour Ramen Noodles en ± 5-10 ml olie, in die bak.
  • Mikrogolf vir 4 minute op Hoog.
  • Voeg die Baba-spinasie en die Teriyaki Flavour Ramen Noodles by.
  • Mikrogolf weer vir 4 minute op Hoog.
  • Sit voor in die Argilla Foody Bowls en voeg gekapte sprietuie, die sesamsaad van die Teriyaki Flavor Ramen Noodles en die hoenderrepies by.
  • Aandete gereed in minder as 20 minute en net een roaster om skoon te maak!

  


MUSHROOM AND BEEF CASSEROLE USING THE LARGE GOURMET

Bestandele

  • 1 x 410 g blikkie room sampioensop
  • 1 x 50 g wit uiesoppoeier
  • 400 ml water (150 ml witwyn + 250 ml water)
  • 1 kg - 1,5 kg stowe beesvleis, in stukke gesny (been aan is goed)
  • 2,5 ml swartpeper
  • 200 g of meer sampioene, skoongemaak en in skywe gesny
  • 1 ui, dun gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • Sout na smaak
  • Rissievlokkies (opsioneel)

Metode

  • Meng al die bestanddele in die Argilla Medium of Large Gourmet Roaster (na gelang van hoeveel vleis jy gebruik).
  • Sit die deksel op.
  • Sit in 'n koue oond.
  • Skakel die oond aan na 160ºC en bak vir 1½ - 2 uur tot die vleis sag en die sous effens verdik is.
  • As dit te waterig na jou smaak is, verwyder die deksel vir die laaste 30 minute.
  • Sit voor met pap, rys of samp met 'n vars slaai van jou keuse.
  • Ek het 'n knippie borrie bygevoeg om die pap geel te kleur.

 

  • Jy sal net 'n paar maklik-om-te-vind bestanddele nodig hê om hierdie heerlike maaltyd te maak, maar jy kan maklik ekstra groente byvoeg as jy wil.

  


CHICKEN PIE USING THE MED CLASSIC/LARGE OVAL/TAPAS BOWLS

Vir individuele porsies gebruik die Tapas-bakkies.
 
Bestandele
  • 1 x 400g skilferkorsdeeg, oornag in yskas ontdooi
  • 1 kg gaar hoender, ontbeen
  • 250 ml room
  • 1 pakkie room sampioen/wit uiesop poeier
  • 1 ui, gekap
  • 250 g sampioene, in skywe gesny
  • 10 ml olie
  • Sout en peper na smaak
  • 1 eier om die deeg te borsel
Metode
  • Braai die sampioene en uie in die olie, in die Medium Classic/Large Oval Roaster vir 5-7 minute op High.
  • Voeg die hoender, soppoeier, room, sout en peper by en meng deur.
  • Rol die deeg liggies op 'n meelbestrooide oppervlak uit en sny sirkels uit.
  • Pak dit om die rand van die Rooster/Tapasbakkies, of sny net een sirkel uit wat groot genoeg is om die pasteivulsel te bedek.
  • Klits die eier met 'n vurk en smeer die eier oor die deeg met 'n kwas.
  • Sit in 'n koue oond.
  • Skakel dit aan by 160⁰C en bak vir 45 minute of tot bros en goudbruin.
Wenk
  • 1. Jy kan ook die bak met skilferkorsdeeg uitvoer, die vulsel in die deeg skep en met nog deeg bedek.
  • 2. Maklike deegresep om oor te gooi, as jy nie Skilferkorsdeeg het nie:
  • Sif 250 ml meel, 'n knippie sout en 10 ml bakpoeier saam.
  • Meng 125 ml melk, 1 eier en 125 ml olie.
  • Voeg die droë bestanddele by die melkmengsel om 'n sagte deeg te vorm.
  • Voeg nog melk by indien nodig.
  • Gooi dan die beslag oor die hoendervulsel en bak.

      

    No comments:

    Post a Comment