LAMB SHANKS USING THE XL/LARGE OVAL ROASTER
Bestandele
- 2 kg lam skenkels
- 3 x 410g blikkies tamatie & uie mengsel
- 250 ml tamatiesous
- 250 ml blatjang
- 15 ml peri-peri sous
- Sout en peper na smaak
Metode
- Sit die lamskenkels in die Argilla XL Oval Roaster/Large Gourmet Roaster.
- Voeg Sout & Peper na smaak by.
- Meng die res van die bestanddele en gooi oor die skenkels.
- Meng goed deur.
- Sit die deksel op.
- Sit in ‘n koue oond.
- Skakel die oond aan teen 160ºC en bak in die oond vir 3 uur tot sag en gaar.
- Bedien saam met stampmielies/rys of kapokaartappels en 'n beetslaai.
SPAGHETTI & CORNED MEAT CASSEROLE USING THE LARGE OVAL
Bestandele
- 1 x 300 - 500 g spaghetti
- 1 x 410 g tamato & onion mix
- 2 x blikkies water (tamatie & uie mix se blikkies)
- 1 x 300 g corned meat (bully beef), blokkies gesny of fyn gemaak
- 1 ui, ringe gesny
- 250 ml cheddar kaas, gerasper (of meer)
- Sout en peper na smaak, of enige ander geurmiddels
Metode
- Pak die bestanddele in lae in die Argilla Large Oval Roaster Bowl.
- Begin met die spaghetti in die bak, gevolg deur tamato & onion mix, uie-ringe, 2 blikkies water, blokkies corned meat en laaste die gerasperde kaas.
- Sit die deksel op en bak vir 60 minute teen 160ºC.
- Haal uit die oond en roer liggies met ‘n vurk om te kyk of alles gaar is.
- Skakel die oond af.
- Haal die deksel af en los in die warm oond vir nog so 15-30 minute.
- Bedien met ‘n heerlike vars groen slaai van jou keuse.
THAI COCONUT SOUP & RICE VERMICELLI USING THE LARGE OVAL
Rys Vermicelli is 'n dun vorm van noedels, ook bekend as
rysnoedels/rysstokkies.
Bestandele
- 500 g hoenderfilet, in repe gesny
- Ina Paarman se Hoender geurmiddels
- 10 ml fyngedrukte knoffel & gemmer
- 1 ui, gekap
- ±2,5 ml brandrissie-olie
- 10 ml of meer rooi kerriepasta
- 330 ml klappermelk
- 2 blokkies hoenderaftreksel opgelos in 500 ml kookwater
- 200 g sampioen, gekap
- 120 g babaspinasie
- 1 pakkie babamielies, in stukke gesny
- 2 sprietuie, gekap
- Brandrissievlokkies (opsioneel)
- Sap van 1 suurlemoen (helfte vir kook en helfte vir bediening)
- 130 g rys vermicelli
Metode
- Kook die Vermicelli volgens die pakkie se instruksies.
- Sit eenkant en berei die Thai-sop voor.
- Sit die hoenderrepies in die Argilla Large Oval Roaster.
- Bedruip met suurlemoensap en geur met die Ina Paarman Hoender-geursel.
- Mikrogolf vir 4-6 minute op Hoog.
- Roer twee keer tydens die kookproses.
- Skep die hoender in die Oval se deksel en hou eenkant.
- Gebruik die bak en voeg die fyngedrukte knoffel & gemmer, gekapte ui en sampioene by.
- Bedruip met die brandrissie-olie en mikrogolf vir 4-6 minute.
- Voeg die kerriepasta, klappermelk en die hoenderaftreksel by en mikrogolf vir 6-10 minute op Hoog, of tot kookpunt.
- Voeg die babaspinasie by en mikrogolf vir 2 minute op High.
- Bedien in die Argilla Foody Bowls saam met die gaar rys.
- Voeg die gaar hoenderrepies by.
- Garneer met babamielies, sprietuie, brandrissievlokkies en bedruip met suurlemoensap.
FISH FINGER BANANA CURRY USING THE MEDIUM CLASSIC
Bestandele
- 12 x visvingers
- 1 ui, in ringe gesny
- 15 ml olie
- 15 ml kerriepoeier/masala
- 20 ml meel (gebruik ekstra meel as die sous te dun is)
- 30 ml blatjang
- 15 ml appelkooskonfyt
- 3 ml borrie
- 2 ml komyn (opsioneel)
- 150 ml appelkoossap
- 2 piesangs in repies gesny
- Sout en peper na smaak of enige ander geurmiddels van jou keuse
- Ina Paarman se Braai & Grill geurmiddels
- Klapper en 'n ekstra piesang vir opdiening
Metode
- Sit die uieringe in die Argilla Medium Classic Roaster, sprinkel olie oor en mikrogolf vir 3-5 minute op High.
- Voeg die meel, kerriepoeier, blatjang, appelkooskonfyt, borrie, komyn (indien gebruik), appelkoossap, sout en peper by.
- Meng goed en mikrogolf vir 2 minute op Hoog.
- Voeg die piesangskywe by, meng deur en mikrogolf vir 3 minute op High.
- Pak die visvingers bo-op die piesangkerriesous, kan dit effens in die sous druk.
- Bedruip die visvingers met 'n bietjie olie.
- Geur dit met Ina Paarman se Braai & Grill.
- Sit die deksel op en mikrogolf op hoog vir 7-10 minute of tot die visvingers gaar is.
- Bedien in die Argilla Foody Bowls, saam met stywe/krummel pap of enigiets anders van jou keuse.
ELISE’S SAUSAGE AND RICE DISH USING THE LARGE OVAL ROASTER
Bestandele
- 250 ml droë rys
- 750 ml water
- 125 ml blatjang
- 15 ml kerriepoeier (na smaak)
- 1 ui, gekap
- groen soetrissie na smaak, gekap
- aartappel, in blokkies gesny
- (opsioneel)
- sampioene, in skywe gesny
- (opsioneel)
- 150g – 200g wors per persoon (kan die hele wors gebruik soos dit is, of dit in kleiner porsies sny)
- Meng al die bestanddele in Argilla Large Oval Roaster, behalwe die wors, dit kom bo-op.
- Bedek met die deksel.
- Sit in 'n koue oond.
- Skakel die oond aan teen 160ºC en bak vir 60-90 minute, totdat al die vog geabsorbeer is.
- Sit voor met 'n vars slaai van jou keuse.
No comments:
Post a Comment