ARGILLA - WEEK 17 RESEPTE

SPRING ROLL BOWLS USING THE MEDIUM OVAL ROASTER


  • Kook 250 g vermicelli-rys/spaghetti vir opdiening.

 

Bestandele

  • 30 ml olie
  • 5 ml fyngedrukte knoffel
  • 5 ml fyngedrukte gemmer
  • 500 g maalvleis
  • 25 ml groenkool, fyn gekap
  • 125 ml wortel, fyn gerasper
  • 2 sprietuie, gekap

Bestandele - Sous

  • 1 blokkie vleisaftreksel opgelos in 125 ml kookwater
  • 30 sojasous
  • 5 ml suiker
  • 1,25 ml swartpeper
  • 2,5 ml sout

Metode

  • Plaas die olie, knoffel, gemmer en sprietuie in die Argilla Medium Oval Roaster en mikrogolf vir 1-2 minute op hoog.
  • Voeg die maalvleis by en mikrogolf op hoog vir 5-7 minute tot gaar.
  • Roer gereeld tydens die kookproses met 'n vurk.
  • Voeg die kool, wortels en al die sousbestanddele by en mikrogolf op hoog vir 7-10 minute tot gaar.
  • Sit voor saam met vermicelli-rys/spaghetti.
  • Garneer met ekstra gekapte sprietuie.


    PILCHARDS BURGERS WITH HOME-MADE CHAKALAKA

    Bestandele - Pilchard Patty

    • 1 x 400 g blik Pilchards in Tamatiesous
    • 1 x 410 g blik kekerertjies, gedreineer en afgespoel
    • 3 snye brood, in klein blokkies gesny
    • 1 eier
    • 3 eetlepels (45 ml) blatjang
    • 10 ml Ina Paarman Garlic & Herb
    • Geurmiddels
    • bruin uiesoppoeier
    • Dreineer die pilchards en behou die sous.
    • Druk die kekerertjies en pilchards saam.
    • Voeg die brood, eier, blatjang en kruie by.
    • Meng goed.
    • Verdeel die mengsel in 6 balle en vorm in patties.
    • Gooi van die soppoeier op 'n bord en bestrooi beide kante van die patties met die soppoeier.
    • Smeer die Argilla Large Oval Lid liggies met olie en rangskik die patties daarin.
    • Sit dit in 'n koue oond, skakel aan by 160ºC en bak vir 30 minute of tot gaar.

    Bestandele - Chakalaka

    • 10 ml olie
    • 1 klein ui, fyn gekap
    • 15 ml wit asyn
    • 5 ml suiker
    • 1 tamatie, fyn gekap
    • 70 g bevrore wortels julienne
    • 2 ml brandrissievlokkies
    • gereserveerde tamatiesous van die pilchards
    • Braai die ui in die olie vir 5 minute op Hoog in die Argilla Mini Gourmet Roaster.
    • Roer twee keer.
    • Voeg die res van die bestanddele by en mikrogolf vir 5 minute op Hoog.
    • Roer twee keer tydens die kookproses.


    • Voorgestelde trimmings: Mayo/Plain jogurt, blaarslaai en agurkies.

       

      PORK CHOPS WITH SWEET WINE AND MUSHROOM SAUCE

      Bestandele

      • 4-6 dikgesnyde varktjops op die been
      • 15 ml worcestersous
      • 45 ml suurroom
      • 3 takkies vars pietersielie, fyn gekap
      • 30 ml botter, gesmelt
      • 400 g sampioene, in blokkies gesny
      • 30 ml sjerrie
      • 10 ml korrelmosterd
      • 15 ml meel
      • 250 ml vleisaftreksel (2 blokkies, opgelos in 250 ml kookwater)
      • Sout en peper, of ander geurmiddels na smaak

      Metode

      • Sny die vel en oortollige vet van die tjops af en sny dit in klein blokkies.
      • Sit die sampioene in die Argilla Large Oval Roaster en sit die varktjops bo-op.
      • Meng die meel, Worcestersous, suurroom, pietersielie, gesmelte botter, sjerrie, korrelmosterd en vleisaftreksel.
      • Gooi die mengsel oor die tjops.
      • Geur die tjops soos verlang.
      • Sit die deksel op en sit in 'n koue oond.
      • Skakel die oond aan op 160ºC en bak vir 60-75 minute tot gaar.
      • Verwyder die deksel vir die laaste 15 minute.
      • Sit die blokkies varkvet in die Argilla Tapas Bowl, geur na smaak en braai die vet saam met die tjops in die oond.
      • Haal uit sodra bruin.
      • Skep dit uit die vet, en hou eenkant.
      • Sit die kaiings saam met die tjops voor of geniet dit saam met 'n heerlike bord mieliepap vir ontbyt.

      Wenk

      • * Jy kan sjerrie met appelsap vervang
      • * As jy nie suurroom het nie, gebruik room en voeg 5 – 10 ml suurlemoensap by.


        MARELIZE’S EASY BUTTERNUT SOUP USING THE MEDIUM GOURMET

        Bestandele

        • 1 x 1 kg botterskorsie, in blokkies gesny
        • 200 ml room
        • 500 ml melk
        • 2 x hoendergegeurde aftrekselblokkies, opgelos in 100-150 ml kookwater
        • 1 x 50 g room hoendersoppoeier
        • Aromat na smaak
        • Swartpeper na smaak
        • 1 ml neutmuskaat (opsioneel)
        • Knippie kerriepoeier (opsioneel)
        • Knippie sout (opsioneel)

        Metode

        • Mikrogolf die botterskorsieblokkies en die opgeloste hoenderaftrekselblokkies vir 10-15 minute op hoog in die Argilla Medium Gourmet Roaster tot sag en gaar.
        • Voeg sowat die helfte van die melk by en druk die botterskorsie met 'n staafmenger tot baie glad.
        • Voeg die soppoeier, die res van die melk, room, Aromat, peper, neutmuskaat, kerriepoeier en sout by en meng goed.
        • Mikrogolf vir 8-10 minute op hoog, tot kookpunt.
        • Roer twee keer tydens die kookproses.

        Wenk

        • As die sop te dik is, voeg nog water of melk by.

           

          CRISPY CRUMBED CHICKEN USING THE OVAL UTILITY DISH

          Bestandele
          • 1-2 hoenderporsies per persoon
          • ± 250 ml corn flakes
          • Aromat, sout en peper of enige ander geurmiddel van jou keuse
          • Aartappels, geskil en in wiggies gesny.
          • Olie
          • Ina Paarman’s braai & grill
          • (opsioneel)
          Metode
          • Sit die corn flakes in 'n plastieksak en gebruik 'n koekroller om dit fyn te maak sodat dit as krummels gebruik kan word.
          • Plaas die krummels in die Argilla Oval Utility Dish en geur na smaak.
          • Versprei die krummels in die bak en bedek elke hoenderporsies aan albei kante met die krummels.
          • Rangskik die hoenderporsies in die bak.
          • Rangskik die aartappelwiggies om die kant.
          • Bedruip die aartappels en die hoender met olie.
          • Voeg ekstra geurmiddels by soos Ina Paarman’s Braai & Grill.
          • Sit die deksel op.
          • Sit in 'n koue oond en skakel dit aan teen 160ºC en rooster vir 60 minute.
          • Haal die deksel af, skakel die oond af en laat dit vir nog 15-30 minute in die oond staan.
          • Sit voor met 'n vars slaai of groente van jou keuse en 'n heerlike roomkaas en joghurt sous.
          Bestandele - Roomkaas & Joghurtsous
          • Meng saam:
          • 200 ml roomkaas,
          • 50 ml gewone dubbelroomjogurt,
          • 30 ml room/melk,
          • sout,
          • grofgemaalde swartpeper,
          • Aromat – enige geurmiddels
          • Geur deur by te voeg:
          • fyn gesnyde agurkies / rooi ui / kruie / biltong en/of soetrissies.


              No comments:

              Post a Comment