MUSHROOM MACARONI USING THE MEDIUM GOURMET
Heerlik as ‘n bygereg, maar ook heerlik en vullend, as ‘n vleislose
hoofgereg.
Bestandele
- 400 g macaroni-pasta
- 20 ml olie
- warm water, genoeg om pasta te bedek
- 2.5 ml Peppadew seasoning
- (Piquanté pepper & garlic)
- 300-400 g gemengde sampioene, grof gekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 30 ml botter
- 350 ml volroom melk
- 30 ml meel
- 5 ml sout
- grofgemaalde swart peper
- 125 ml parmasan (of enige ander) kaas, gerasper
Metode
- Gooi die pasta, 10ml olie, sout en warm water in die Argilla Medium Gourmet Roaster en mikrogolf dit vir 10-15 minute op hoog.
- Roer 2 x tydens die kook proses.
- Laat staan 5 minute en dreineer dan ekstra water indien daar enige is.
- Geur met Peppadew seasoning en roer 10 ml olie deur, sodat die pasta nie aanmekaar vasklou nie.
- Gebruik sommer die Argilla Medium Lid en sit die sampioene, knoffel en botter daarin en Mikrogolf dit vir 5-7 minute op hoog.
- Roer 2 maal.
- Haal uit en roer die meel by.
- Roer dan die melk bietjie vir bietjie by totdat dit glad en gemeng is.
- Voeg die sout en peper by.
- Mikrogolf dit vir 5-7 minute op hoog totdat dit begin kook en verdik, maar roer aan die begin elke minuut.
- Voeg die kaas by en meng goed.
- Skep die sampioensous oor die pasta.
- Garneer met ekstra kaas en bedien dadelik.
CREAMY FETA ROASTED RED PEPPER CHICKEN - LARGE OVAL
Bestandele
- 250 ml babaspinasie, gekap
- 700 g hoenderborsie/filet, in baie dun repies gesny
- 15 ml olie
- ½ ui, gekap
- 350 g blomkool, in klein stukkies gesny
- 125 g geroosterde rooi soetrissie
- Pesto
- 10 ml paprika
- 10 ml origanum
- Sout & peper na smaak
- Rooi soetrissie/rissievlokkies
- 250 hoenderaftreksel (1 hoendergegeurde blokkie, opgelos in 250 ml kookwater)
- 125 ml fetakaas, verkruimeld
- 200 g roomkaas (winkel gekoop of tuisgemaak)
- 30 ml suurlemoensap
Metode
- Voeg die olie, ui en knoffel by die Argilla Large Oval Roaster en mikrogolf vir 3 minute op hoog.
- Voeg die blomkool, pesto, hoender, geurmiddels en aftreksel by en mikrogolf vir 15-20 minute op hoog tot gaar.
- Sny die hoender en blomkool in kleiner stukkies as jy wil.
- Meng die fetakaas, roomkaas, suurlemoensap en babaspinasie by en mikrogolf vir 5-10 minute op hoog of tot dit kookpunt bereik.
- Sit voor op rys of pitabrood.
3-INGREDIENTS CURRY & RICE - MEDIUM OVAL/GOURMET
Makliker en vinniger as dit gaan jy moeilik kry. Dien op met blatjang,
klapper en piesang of piesangslaai saam met rys, pasta of mieliepap.
Bestandele
- 300 - 500 g maalvleis
- 1 blik, 410 g curried flavoured mix veggies
- 1 blik, 410 g chakalaka with sweet corn (opsioneel, maar sterk aanbeveel)
- Sout, peper of enige ander geurmiddels na smaak
Metode
- Sit die maalvleis in die Argilla Medium Oval/Gourmet Roaster en mikrogolf vir 7 – 10 minute op Hoog tot gaar.
- Roer gereeld met ‘n vurk om die maalvleis lekker los te hou.
- Voeg die blikkies by en meng goed.
- Mikrogolf dit vir 5 – 7 minute op hoog tot alles goed deurgekook is.
- Roer 2 maal.
Wenk
- Kan 1 ui, fyngekap saam met die vleis gaarmaak indien verkies.
Piesang-Neute & Groenvye slaai:
- ±1 piesang per persoon in skywe gesny,
- ± 15 ml grof gekapte pekanneute per persoon,
- ± halwe ingelegde groen vy per persoon (helfte gekap in blokkies en die ander helfte vir garnering).
- Bietjie rooi ui, gekap opsioneel.
- Meng die slaaibestanddele met ‘n Soet-Suur-mosterdsous:
- Meng 1 blikkie kondensmelk,
- ±¼ - ½ blikkie bruin asyn (gooi eers net ¼ blikkie asyn in en proe) ,
- 5 -10 ml mosterd poeier,
- 50 ml geel mosterdsous (opsioneel) en
- ± 5 ml Aromat saam in ‘n glasfles en gebruik soveel as nodig is en bêre die res vir later saam met vleis of slaai.
CREAMY CHICKEN AND VEG SOUP - LARGE DEEP GOURMET
Bestandele
- 1 groot wortel, gerasper
- 1 groot aartappel, gerasper
- 1 groot ui, gekap
- 250 ml water
- 200 g hoender sonder vel, ontbeen en in blokkies gesny
- 1 pakkie, 50 g Cream of Chicken soppoeier
- 1 pakkie, 50 g Dik Groentesoppoeier
- 750 ml water
- 250 ml room
- 250 ml melk
- swartpeper, mildelik
- Aromat, opsioneel
Metode
- Voeg die hoender, wortel, aartappel en gekapte ui in die Deep Gourmet Roaster en bedek met 250 ml water.
- Mikrogolf vir 10 minute op Hoog.
- Druk dit 'n bietjie fyn met ‘n vurk.
- Voeg die soppoeiers, peper, Aromat en die oorblywende 750 ml water en melk by.
- Mikrogolf vir 10 minute op Hoog.
- Roer af en toe.
- Voeg die room by en Mikrogolf vir 1-2 minute.
- Bedien en geniet!
BEEF STEW WITH CARROTS & POTATOES - LARGE DEEP GOURMET
6 porsies
Bestandele
- 1,5 kg ontbeende beesvleis, in stukke gesny
- 10 ml sout
- 5 ml gemaalde swartpeper
- 20 ml olie
- 2 middelslag uie, in blokkies gesny
- 7 knoffelhuisies, geskil en gehalveer
- 30 ml balsamiese asyn
- 30 ml tamatiepasta
- 100 ml meel
- 250 – 500 ml droë rooiwyn/druiwesap
- 500 ml beesvleisaftreksel (2 x beef flavoured stock cubes opgelos in 500 ml kookwater)
- 250 ml water
- 1 lourierblaar
- 2,5 ml gedroogde tiemie
- 7,5 ml suiker
- 4 groot wortels, geskil en in blokkies gesny
- 4 medium aartappels, in die helfte gesny
- Vars gekapte pietersielie, vir opdiening
- (opsioneel)
- Meng al die bestanddele in die Argilla Large Deep Gourmet Roaster.
- Sit dit in die oond, bedek.
- Skakel die oond aan op 160⁰C en bak vir 2 uur of tot die vleis sag is.
- Kan die deksel vir die laaste 30 minute verwyder.
- As die sous te dik is net 'n bietjie wyn of warm water.
- Kook pasta saam met die bredie in ‘n Small Deep Gourmet Roaster.
No comments:
Post a Comment