QUICK AND EASY PEA SOUP - DEEP GOURMET ROASTER
Jy kan hierdie sop vinnig en maklik in die mikrogolfoond of in die oond
voorberei.
Bestandele
- 1 eetlepel botter
- 1 middelslag ui, gekap
- 3 knoffelhuisies, fyngedruk
- 6 koppies bevrore of vars ertjies
- ½ koppie vars of bevrore spinasie
- 4 koppies aftreksel (enige aftrekselblokkies opgelos in 4 x 250 ml warm water)
- 1 teelepel vars tiemie
- Opsioneel: ½ koppie jogurt of suurroom (maar aanbeveel)
- Seesout en peper, na smaak
Metode
- Mikrogolf die botter, knoffel en ui in die Argilla Medium Gourmet of Large Deep Gourmet vir 5 minute op Hoog.
- Voeg die ertjies, spinasie, aftreksel en tiemie by en mikrogolf vir 10-15 minute op Hoog. (As jy vars ertjies gebruik, mikrogolf dit vir 5 minute langer).
- Versap die sop met 'n handmenger (hand blender) of ‘n versapper.
- Mikrogolf vir 7-10 minute op Hoog.
- Voeg die jogurt/suurroom by en geur dan na smaak met sout en peper.
Oond:
- Meng al die bestanddele behalwe die jogurt/suurroom en sit in die oond.
- Skakel die oond aan teen 160ºC en kook vir 60 minute, versap die sop en sit terug in die oond vir 15-20 minute.
- Bedien met varsgebakte brood.
MINCE STUFFED WRAPS - MEDIUM CLASSIC ROASTER
Bestandele
- 500 g maalvleis
- 50 g tamatiepuree/pasta
- 15 – 30 ml taco spice
- 2,5 ml suiker
- 1 klein ui, gekap
- Knoffel na smaak
- 5 – 10 ml olie
- ½ soetrissie (groen/rooi/geel), gekap (opsioneel, maar aanbeveel)
- 1 (of meer) groot tortilla wrap per persoon
- Cheddarkaas, gerasper
- Sout en peper na smaak (proe voor jy byvoeg)
- Gom vir wraps: meng 'n bietjie meel en water om 'n pasta te vorm om die wraps vas te plak.
Metode
- Braai die gekapte ui, knoffel en soetrissies in die olie in die Argilla Medium Classic Roaster, vir 2-5 minute op Hoog in die mikrogolfoond.
- Roer twee keer.
- Voeg die maalvleis, puree, suiker en taco-speserye by en mikrogolf op hoog vir 6-8 minute tot gaar.
- Roer elke 2 minute met 'n vurk.
- Sny die wraps in die helfte.
- Sit maalvleis en kaas aan die een kant van die helfte.
- Vou die ander deel om, om 'n driehoek te vorm en plak met die "gom".
- Sit 3 wrap driehoeke in 'n Argilla Lasagne Bowl.
- Sprinkel ekstra kaas oor en sit dit in 'n koue Air Fryer, skakel dit aan teen 160-180ºC en bak vir 4 minute tot die kaas gesmelt is.
EASY FISH CHOWDER - LARGE DEEP GOURMET ROASTER
Chowder is 'n dik sop wat voorberei word met melk of room, 'n roux, en
seekos of groente. (Lewer 4)
Bestandele
- 200 g spek in blokkies gesny
- 6 sprietuie grof gekap / 2 uie, fyn gekap
- 1 knoffelhuisie, fyngedruk
- 1 pakkie (50g) dik wit uiesoppoeier
- / 50 ml meel
- 3 mediumgroot aartappels in stukke gesny
- 100 g ingemaakte mieliepitte, gedreineer
- 500 ml melk
- 2 x visaftrekselsakkies opgelos in 375-500 ml kookwater
- 500 g-750 g stokvis sonder been, in happiegrootte stukke gesny
- 24 mossels, geskrop, ontdaard
- (opsioneel)
- 150 ml dik room (of meer)
- 30 ml gekapte pietersielie
- Sout en peper (opsioneel)
Metode
- Plaas al die bestanddele, behalwe die room en pietersielie, in 'n Argilla Large Deep Gourmet Roaster.
- Meng liggies.
- Plaas in 'n koue oond, skakel dit aan teen 160ºC en bak vir 45 minute.
- Haal die deksel af, roer liggies en sit terug in die oond (sonder die deksel) vir 30-45 minute.
- Voeg die room by en garneer met pietersielie.
- Mikrogolf: Mikrogolf die spek, uie en aartappel vir 10-15 minute op Hoog.
- Voeg die res van die bestanddele, behalwe die room by en meng liggies.
- Mikrogolf vir nog 15-20 minute, terwyl jy af en toe roer, totdat die vis en aartappels gaar is en die chowder verdik het.
- Voeg die room by en garneer met pietersielie.
BAKED BROCCOLI AND CHICKEN - MEDIUM GOURMET ROASTER
Bestandele
- 500 g hoenderfilet, in repe gesny
- ± 500 g broccoli (gewas & gereed om te kook), in kleiner stukkies gesny
- Paprika, sout en peper of geurmiddels van jou keuse
- 1 blikkie, 410 g room sampioensop
- 250 ml mayonnaise
- 5 ml suurlemoensap
- 5 ml kerriepoeier
- 250 g cheddarkaas, gerasper
Metode
- Sit die broccoli in die Argilla Medium Gourmet Roaster en mikrogolf vir 4 minute op hoog met die deksel op.
- Plaas die hoenderrepies bo-op die broccoli, bedruip met 'n bietjie olie en geur met paprika, sout en peper.
- Mikrogolf op hoog vir 6 minute.
- Roer na 3 minute.
- Meng die blikkie sop, mayonnaise, suurlemoensap en kerriepoeier.
- Meng die sous met die hoender en broccoli.
- Strooi gerasperde kaas oor.
- Sit in 'n koue oond, skakel aan teen 160ºC en bak vir 25-35 minute tot die kaas gesmelt en goudbruin is.
CURRY PORK CHOPS - LARGE OVAL, TAPAS BOWL
Bestandele
- 6-8 lendevarktjops, (sny die vel en oortollige vet van die tjops af en braai dit terwyl jy die tjops in die oond gaarmaak)
- 1 groot ui, gekap
- Groente van jou keuse, opsioneel
- (voeg dit later by)
- 10 ml kerriepoeier
- 5 ml borrie
- 50 ml blatjang
- 10 ml appelkooskonfyt
- 10 ml bruin asyn
- 10 ml sojasous
- 100 ml tamatiesous
- 2,5 ml koljander
- 2,5 ml komyn
- Sout en peper
- ± 5 ml souspoeier/maizena/meelblom (opsioneel om die sous te verdik)
- Ekstra blatjang en klapper vir opdiening (opsioneel)
- Meng al die sousbestanddele met die uie en vleis in 'n Argilla Large Oval Roaster.
- Plaas in koue oond, skakel aan na 160˚C bak vir een uur.
- Voeg nou jou groente by.
- Sit terug in die oond tot die groente gaar is.
- Sit voor saam met rys of stampmielies, vars piesang of piesangslaai, salsa en ekstra blatjang en klapper.
- Sit die blokkies varkvet in 'n Argilla Tapasbak, en braai die vet saam met die kerrietjops in die oond.
- Haal die blokkies uit sodra hulle bruin is.
- Skep dit uit die vet, geur na smaak en geniet.
- Onthou jy kan jou rys/stampmielies saam met die vark in die oond gaar maak en so spaar jy op tyd en elektrisiteit!
No comments:
Post a Comment