ARGILLA - WEEK 2 RESEPTE


GOURMET MASHED POTATOES IN THE MEDIUM RECTANGULAR

Bestandele
  • 5 x medium-groot aartappels, geskil en in blokke gesny (± 1kg)
  • 10 ml knoffel, gekap (opsioneel)
  • 1 klein ui, gekap (opsioneel)
  • 100 ml botter, blokkies gesny
  • 200 ml melk (gebruik 100ml en bêre die ander 100 ml vir later)
  • 250 ml roomkaas (opsioneel)
  • Sout en peper
  • 5 ml bakpoeier (opsioneel)
  • Vars pietersielie vir garnering
Metode
  • Sit die aartappel blokkies, knoffel, gekapte ui, botter en 100 ml melk in die Medium Rectangular Roaster.
  • Geur met sout en peper.
  • Sit die deksel op.
  • Skakel die oond aan teen 160ºC en bak vir 60 minute.
  • Haal uit die oond en druk die aartappels fyn.
  • Voeg die laaste 100 ml melk, roomkaas en die bakpoeier (as jy dit gebruik) by.
  • Meng goed.
  • Proe en voeg nog geurmiddels by indien nodig.
  • Sit terug in die oond vir ‘n verdere 15 minute.
 Mikrogolfoond
  • Mikrogolf die aartappelblokkies, knoffel, ui, botter, 100 ml melk, sout en peper vir 10-15 minute op Hoog.
  • Roer twee keer tydens die kookproses.
  • Druk die aartappels fyn.
  • Voeg die laaste 100 ml melk, roomkaas en die bakpoeier (as jy dit gebruik) by. Meng goed.
  • Proe en voeg nog geurmiddels by indien nodig.
  • Sit terug in die Mikrogolfoond vir nog 5 minute op Hoog.
 Wenk
  • Jy kan die Kapokaartapels saam met die Romerige Vis (wors, tjoppies, hoender of enige ander tipe vleis) saam in die oond bak deur die bakke langs mekaar in te pas.

      

    OUVROU-ONDER-DIE-KOMBERS IN THE LARGE RECTANGULAR

     Bestandele

    • 500 – 750 g wors (of meer), opgesny in die grootte van jou keuse
    • 500 ml koekmeel + 10 ml bakpoeier (of 500 ml bruismeel)
    • 5 ml sout en peper na smaak
    • 20 ml botter, gesmelt of olie
    • 250 ml suurroom/plain yoghurt/water
    • 250 ml melk
    • 30 ml mosterdpoeier
    • 15 ml gedroogde gemengde kruie
    • 2 uie, gekap
    • 200 g sampioene, gekap
    • 250 ml cheddar kaas, gerasper
    • 1 x 410 g blikkie tamatie & uie mengsel

     Metode

    • Sit die gekapte uie en sampioene onder in die Large Rectangular Roaster.
    • Bedruip met die helfte van die olie/gesmelte botter.
    • Pak die gesnyde wors bo-op en bedruip met die laaste botter/olie.
    • Skakel die oond aan op 160ºc en bak vir 20-30 minute sonder die deksel op.
    • Meng die meel en sout.
    • Klits die botter, suurroom/gewone jogurt/water, melk en mosterd saam en voeg by die meel.
    • Meng goed sodat daar geen klonte in die beslag is nie.
    • Gooi die meelbeslag liggies oor die wors.
    • Sit terug in die oond en bak vir nog 30-40 minute of tot gaar en goudbruin.
    • Strooi die gerasperde kaas oor, en skep blertse van die tamatie-en-uiemengsel by.
    • Sit terug in die oond totdat die kaas tot jou bevrediging smelt.
    • Sit voor saam met 'n slaai of groente.

        

      CREAMY FISH DISH IN THE LARGE RECTANGULAR

       Bestandele - Pasta

      • 750 g stokvis filette (±10 – 12 fillette)
      • 1 pakkie wit uiesoppoeier
      • 200 g sampioene, gekap
      • 1 ui, gekap
      • 10 ml knoffel, gekap
      • 20 ml botter/olie
      • 250 ml double cream plain yoghurt
      • 175 ml melk/room
      • 250 ml cheddar kaas, gerasper
      • 250 ml gemengde gevriesde groente, vir garnering(opsioneel) – effens ontdooi
      • Visspeserye, aromat, sout en peper of enige geurmiddels van jou keuse

       Metode

      • Sit die gekapte sampioene, uie en knoffel in die Large Rectangular Roaster.
      • Geur na smaak.
      • Sit blokkies botter bo-op of bedruip met olie.
      • Pak die visfilette bo-op en geur.
      • Meng die soppoeier, jogurt en room/melk.
      • Gooi die sousmengsel oor die filette en werk die sous, met 'n lepel of vurk, effens in, tussen die filette.
      • Met die deksel op, skakel die oond aan op 160°C en bak vir 45 minute.
      • Voeg die kaas en gemengde groente by (opsioneel).
      • Sit terug in die oond, sonder die deksel, en bak totdat die kaas gesmelt is en die groente gaar maar steeds ferm is.
      • Bedien op rys of kapokaartappels.

       Mikrogolf

      • Mikrogolf die visgereg vir 25 minute op Hoog met die deksel op.
      • Voeg die kaas en groente by vir garnering (opsioneel).
      • Sit terug in die mikrogolf vir 7-10 minute, op Hoog, totdat die kaas gesmelt is en die groente gaar maar steeds ferm is.
      • Sit die deksel op en laat staan vir nog 5 minute voor opdiening.

           

        EASY BEEF ENCHILADAS IN THE LARGE RECTANGULAR

         Bestandele

        • 500 g lae vet maalvleis
        • 30 ml (2 eetl) bruin uiesoppoeier
        • 500 ml (2 koppies) enchiladasous of 2 blikkies (410 g) rooi enchiladasous of 2 blikkies (410 g) mexican style tomato, onion, chillies & herb mix
        • ½ jalapeno, gekap (opsioneel)/groenrissie, gekap
        • 250 ml (1 koppie) suurroom
        • 10 meel tortillas, kamertemperatuur
        • 375 ml (1½ koppies) cheddarkaas, gerasper

         Metode

        • Mikrogolf die maalvleis 7-10 minute op Hoog tot deurgaar – roer gereeld met 'n vurk om die klonte op te breek.
        • Roer 125 ml (½ koppie) van die sous en die soppoeier by.
        • Mikrogolf vir 2 minute op Hoog.
        • Sit eenkant.
        • Meng die sous en suurroom.
        • Bedek die onderkant van die Large Rectangular Roaster met 'n bietjie van die sousmengsel – hou die res om oor enchiladas te gooi.
        • Plaas ongeveer 'n ¼ koppie maalvleismengsel in die middel van elke tortilla.
        • Strooi kaas oor, rol op en plaas met die naatkant na onder in die sousmengsel in die rooster.
        • Gooi die res van die rooi sous oor die enchiladas.
        • Strooi kaas oor.
        • Sit in ‘n koue oond, skakel aan by 160ºc en bak, onbedek vir 30-40 minute of tot deur warm en die kaas goed gesmelt is.

             

          ROASTED BUTTERNUT SALAD IN THE MEDIUM RECTANGULAR

           Bestandele

          • 1 groot butternut, grof gekap
          • 3 groot uie, in wiggies gesny
          • 15 ml smoked/gewone paprika
          • 5 ml fyn kaneel
          • 5 ml bruin suiker
          • 10 ml growwe swart peper
          • 15 ml sout (of ‘n kombinasie van sout en aromat)
          • ± 20 - 30 ml olie (genoeg om die groente mee te bedruip)
          • 15 ml suurlemoensap
          • Versierings voorstelle
          • Fetakaasblokkies/krummels,
          • Vars basiliekruid/slaai,
          • Vars granaatpitte, neute, mikrokruie
          • Beslis 'n lekker slaaisous van jou keuse (jy kan Balsamiese Asyn gebruik)

          Metode

          • Sit die botterskorsie en uie in die Medium Rectangular Roaster.
          • Geur met die paprika, kaneel, swartpeper en sout.
          • Bedruip met die olie, suurlemoensap en suiker.
          • Meng alles goed met jou hande deur.
          • Mikrogolf vir 10-15 minute op Hoog sonder die deksel – roer twee keer versigtig deur tydens die kookproses (probeer om die groente heel te hou).
          • Laat heeltemal afkoel en garneer soos verlang.
          • Sit voor met 'n heerlike slaaisous van jou keuse.

          Wenk

          • Bedien saam met enige vleis, vis of ander hoofgereg van jou keuse.
          • Met Argilla kan jy sonder veel moeite vleis tot perfeksie bak.
          • Geur met speserye en sit in die oond.
          • Daar is nie nodig vir spoggerige souse of olies nie.


              

            No comments:

            Post a Comment