ARGILLA - WEEK 3 RESEPTE


PINEAPPLE CHICKEN, GEM SQUASH & RICE IN THE SOE SET

 Bestandele

  • 8 -10 hoender porsies
  • rooi, geel en groen soetrissies
  • ui, in ringe gesny
  • 1 blikkie pynappel stukke (dreineer, maar hou die sous)
  • geurmiddels (Ina Paarman Braai & Grill) en sout na smaak.

 Meng vir die sous:

  • Pynappel sous van die blikkie
  • 2.5 ml medium kerriepoeier
  • 5 mosterdpoeier
  • 45 ml blatjang
  • 15 ml heuning
  • 10 ml mayonaise
  • 30 ml bruinuiesoppoeier

 Metode

  • Pak die peppers, pynappelstukke en ui onder in die Large Oval Roaster.
  • Gooi die sous oor.
  • Pak die hoenderstukkies in die sous.
  • Geur goed en sit in die oond.
  • Skakel die oond aan teen 160ºC en bak vir 90 minute.
  • Haal die deksel vir die laaste 15 minute af.

 Skorsies

  • (½ - 1 botterskorsie p/p.)
  • Sny oop en sit met die pitte-kant onder, saam met 30 ml water, in die Small/Medium Classic Roaster (afhangende van
  • hoeveelheid).
  • Sit in die oond saam met die ander kos.
  • Haal uit na 45 min, verwyder die pitte en geur met sout.
  • Vul met botter, suiker en/of neutmuskaat -of- met die hoender se sous en groente.

 Rys

  • 250 ml rys, 750 ml water, ‘n klontjie botter, 5 ml sout.
  • Meng alles saam in die Small Gourmet Roaster.
  • Sit saam met jou ander kos in die oond vir 60-75 min.

       

    COTTAGE PIE IN THE LARGE OVAL

     Bestandele - Bolaag

    • 5 -8 aartappels, blokkies gesny
    • 60 ml botter
    • 125 ml melk, louwarm (of meer indien nodig)

     Bestandele - Vulsel

    • 500 g maalvleis
    • 20 ml botter/olie
    • ui, gekap
    • 1 blik tamaties/vars tamatie, gekap
    • 2 knoffelhuisies gekap
    • 30 ml Worcestershiresous
    • sout en peper en enige geurmiddels na smaak
    • 500 ml bevrore groente van jou keuse
    • 5 ml fyn neutmuskaat (hou dit vir heel laaste – jy stooi dit bo-op jou pastei)
    • 10 ml mielieblom (Maizena) opgelos in ʼn bietjie water

     Metode - Vulsel

    • Plaas die gekapte ui, knoffel en botter/olie in die Large Oval Roaster en mikrogolf dit vir 3-5 minute op Hoog.
    • Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die neutmuskaat, en mikrogolf dit vir 10 minute op hoog of totdat die maalvleis gaar is.
    • Roer twee keer tydens die gaarmaak proses.
    • Laat staan eenkant terwyl die kapokaatrappels gemaak word.

     Metode - Kapokaartappels

    • Mikrogolf die aartappelblokkies en die botter/margarine vir 10-15 minute tot sag, in die Medium Gourmet Roaster.
    • Voeg die warm melk by en druk die aartappels goed fyn.
    • Geur na smaak.
    • Skep die kapokaartappels op die vleis en strooi met die neutmuskaat.
    • Mikrogolfoond weer vir 3-5 minute op Hoog.

     Wenk

    • Indien so verkies kan dit kan ook in die oond gebak word tot ligbruin.

          

      FAMOUS BOWLS IN THE SMALL GOURMETS

       Bestandele

      • 1 medium aartappel p/p (blokkies)
      • 6 - 8 hoender nuggets of strips p/p
      • 1 blikkie (410g) pitmielies (gedreineer) of 1 koppie gevriesde mielies (gaargemaak in die mikrogolfoond)
      • gerasperde kaas
      • 1 pakkie souspoeier wat jy sommer met 250ml kookwater aanmaak (of maak jou eie sous.)

       Metode

      • Gebruik die Small Gourmet Roasters en sit elkeen se aartappels in sy eie bakkie.
      • Geur met sout en voeg 'n teelepel botter by.
      • Sit die deksels op en mikrogolf op hoog vir 5-minute of totdat die aartappels sag is.
      • Gebruik nou die deksels van die bakkies om die Nuggets in gaar te maak.
      • Sprinkel met ‘n bietjie olie en mikrogolf op hoog vir 5 minute.
      • Terwyl die nuggets gaar raak, druk die aartappels fyn met 'n vurk, voeg bietjie melk of room, sout en 'n knippie (1ml) bakpoeier by (opsioneel).
      • Maak die souspoeier aan of kook jou eie.
      • Strooi die mielies oor die kapokaartappels.
      • Volg met 'n lagie gerasperde kaas, die gaar nuggets, die sous en dan weer 'n lagie kaas.
      • Sit die deksels terug en Mikrogolf dit vir ’n verdere 3-minute op hoog.

       Maak jou eie sous:

      • Meng saam in die Small Gourmet:
      • 15 ml gesmelte botter,
      • 75 ml koekmeelblom,
      • 10 ml bovril,
      • halwe blokkie hoender aftreksel opgelos in 125 ml warm water,
      • 500 ml water.
      • Mikrogolf vir 3-5 minute op Hoog of totdat dit begin kook.

            

        CURRY AND BANANA FRIKKIES IN THE LARGE OVAL

         Bestandele - Sous

        • 2 middelmatige uie, fyngekap
        • 15 ml mielieblom (maizena)
        • 90 ml asyn
        • 250 ml water
        • 20 ml kerriepoeier
        • 10 ml borrie
        • 40 ml appelkooskonfyt
        • 15 ml suiker
        • Sout en peper na smaak
        • 4 - 6 piesangs, ringe gesny
        • Uitgedroogte klapper vir garnering

         Bestandele - Frikkies

        • 500 – 750 g maalvleis
        • 1 x 50 g pakkie bruinuiesoppoeier
        • 175 ml (1 glasie) gewone jogurt
        • Sout en peper na smaak
        • Koekmeel

         Metode

        • Begin met die sous:
        • Maak die mielieblom aan met ‘n bietjie van die asyn of water.
        • Meng dan die res van die sous bestanddele, (behalwe die piesangs en klapper), met die aangemaakte mielieblom-mengsel, in die Large Oval Roaster.
        • Mikrogolf vir 5-7 minute op Hoog totdat die mengel begin kook.
        • Roer gereeld.
        • Voeg die gesnyde piesangs by.

         Terwyl die sous kook, maak die Frikkies:

        • Meng die maalvleis, soppoeier, yoghurt, sout en peper.
        • Vorm balletjies en rol in die meel.
        • Pak die frikkadelle in die warm kerriesous.

         Mikrogolf:

        • 10-15 minute op Hoog tot die frikkadelle gaar is.
        • Sprinkel met ’n bietjie paprika.

         Oond:

        • Bak vir 45 minute teen 160ºC.
        • Voeg die piesangs by, garneer met klapper en bedien met rys en soetpatats.

              

          LOADED FRIES WITH CHICKEN IN THE LARGE OVAL

           Bestandele

          • 750 g – 1 kg bevrore oondskyfies
          • 4 – 6 hoenderfilette in repe gesny
          • 200 g spek in blokkies gesny
          • 10 ml fyngedrukte knoffel
          • 5 ml olie
          • 2,5 ml sout
          • Paprika
          • 5 ml peper
          • ½ pakkie (25 g), beesstert/sampioen soppoeier (opsioneel vir ekstra geur en om die roomsous te verdik)
          • 500 - 700 ml room/joghurt
          • Sprietuie, gekap
          • 250 ml cheddarkaas, gerasper
          • 250 ml mozzarellakaas, gerasper (opsioneel)

           Metode

          • Plaas die oondskyfies in die Large Oval Roaster.
          • Bedruip met olie en geur met sout.
          • Sit onbedek in die oond.
          • Skakel die oond aan op 160ºc en bak vir 30-35 minute tot gaar.

           Berei die hoender voor terwyl die skyfies bak:

          • Plaas die hoenderrepies, blokkies spek en knoffel in die Medium Classic Roaster.
          • Bedruip met olie, sprinkel met paprika en geur met sout enpeper.
          • Mikrogolf op Hoog vir 5-7 minute.
          • Roer twee keer.
          • Voeg die soppoeier en die room/joghurt by en mikrogolf vir weer vir 5-7 minute op Hoog, of tot dit begin kook.
          • Roer twee keer.
          • Voeg die meeste van die kaas by, maar hou 'n bietjie vir garnering.
          • Gooi die hoendermengsel oor die skyfies,
          • Voeg die gekapte sprietuie en die res van die kaas by.
          • Bedien dadelik.
          • Dit is gelaai maar so lekkerrrrrrr!!!

           Wenk

          • Vir ‘n bietjie ekstra skop, voeg gekapte jalapeno by.  

              

            No comments:

            Post a Comment