CHEESE BURGER AND CHIP PIE IN THE LARGE RECTANGULAR
- 750 g beesmaalvleis
- 1 groot ui, in dun skywe gesny
- 4 knoffelhuisies, fyngedruk
- 30 ml bruinuie souspoeier
- 60 ml tamatiesous
- 60 ml worcestersous
- 30 ml mosterd
- 6 x processed kaasskywe
- 250 ml (80g) gerasperde cheddar
- 500 g bevrore oven chips
- 10 ml sesamsaad
- Sout & peper na smaak
- Burgerpiekels, gedreineer, om voor te Sit of agurkies in dun skywe gesny.
- Sit die gesnyde ui en knoffel in enige klein Argilla-bakkie, bedruip met olie en mikrogolf vir 2 – 3 minute op hoog.
- Sit eenkant.
- Meng die maalvleis, souspoeier, tamatiesous, Worcestersous en mosterd in die Large Oval/Rectangular roaster en Mikrogolf vir 7-10 minute tot gaar.
- Roer gereeld met 'n vurk om enige klonte op te breek.
- Sit ui & knoffel bo-op die maalvleis mengsel.
- Sit dan die kaasskywe op en strooi dan die gerasperde cheddarkaas oor.
- Rangskik oven chip skyfies bo-op.
- Sprinkel die skyfies met bietjie olie en strooi die sesamsaad, sout en peper oor.
- Sit in die oond en skakel dit aan by 160ºC en rooster vir 35 minute of tot skyfies goudbruin en gaar is.
- Top met piekels/agurkie en bedien met ‘n Pynappel-& Tamatie Salsa
- Sny in klein stukkies: 1 pynappel, 1 of meer tamatie, komkommer, rooi ui.
- Meng saam met: gemaalde knoffel, 10ml suurlemoensap, 5 ml olyfolie, knippie suiker, sout & peper na smaak.
- Jy kan ook gekapte koriander by sit (opsioneel).
- Bedien vars.
LEMON MERINGUE PIE IN THE CAKE PAN
- 1 x 200 g Tennisbeskuitjies, fyngedruk
- 30 ml strooisuiker/suiker (opsioneel)
- 125 ml botter, gesmelt
- Spuit die Argilla Cak Pan met kleefwerende sproei.
- Meng die kors bestanddele en druk dit egalig op die bodem en teen rand van die Argilla Cake Pan vas.
- Hou eenkant in die yskas.
- 125 ml suurlemoensap (vars uitgedruk is heerlik)
- 1 blikkie, 385g kondensmelk
- 2 eiers, geskei
- 1.25 ml kremetart
- 60 ml strooisuiker/suiker
- Klits die kondensmelk en die eiergele saam.
- Voeg die suurlemoensap geleidelik by totdat dit goed gemeng is en die mengsel begin verdik.
- Gooi die mengsel in die kors.
- Klits met ‘n skoon klitser, in ‘n ander mengbak, die eierwitte en kremetart saam tot sponsig.
- Voeg die suiker lepel vir lepel by en klits totdat die eierwitte styf is.
- Smeer die eierwit-mengsel versigtig oor die vulsel.
- Sit in die oond.
- Skakel dit aan op 160ºC en bak dit vir slegs 15 minute of totdat die meringue begin verbruin.
- Plaas in die yskas om goed af te koel.
- (60-100g ongekookte pasta p/persoon)
- Voeg vir elke 1 koppie pasta 2 (of meer) koppies warm kraanwater, 'n knippie sout en 'n druppel olie by.
- Gooi die pasta in 'n geskikte Argilla bak.
- Voeg die water en sout by.
- Meng en mikrogolf vir 10-12 minute op Hoog sonder 'n deksel.
- Kontroleer die pasta elke 2-3 minute deur 'n stukkie of twee te toets.
- As die pasta nog hard is en die water is klaar, voeg nog warm water by.
- Hou eenkant vir 5 minute.
- Bedien met jou gunsteling bolaag.
- 300-400 g maalvleis,
- 1 x 440 g bottel tomato & herb sauce,
- 1 gekapte ui,
- 50 g gekrummelde weet-bix,
- Sout & peper,
- 5ml suiker
- Meng al die bestanddele en ¼ van die fles sous.
- Rol in balletjies.
- Rangskik die frikkadelle in die medium- rectangular/-classic roaster. V
- Ul die bottel weer tot vol met water en gooi die sous oor die frikkadelle.
- Sprinkel ekstra sout en die suiker oor.
- Bedek met die deksel en mikrogolf vir 10 minute op hoog.
- 4 x hoenderfilette - in repies gesny,
- Gekap sprietuie, 200 g sampioene – in stukke gesny,
- ¼ gesnyde groen, rooi en geel soetrissie,
- 1 x 50 g droë botter
- Hoender kerrie kook-in-sous, 200 ml
- Room/room kaas/gewone jogurt, 200 ml
- Water, sout & peper of enige ander geurmiddel na smaak.
- Meng al die bestanddele in die medium rectangular/gourmet roaster en mikrogolf vir ongeveer 10 minute op hoog of tot gaar.
- Roer twee keer tydens die kookproses.
BEEF BOURGUIGNON IN THE LARGE OVAL
- 1,5 kg beef topside roast/beef chuck, in stukke gesny
- 30 ml olie/botter
- 30 ml tamatiepasta
- Sout & peper
- 250 g spek, in stukke gesny
- 2 sjalotte/uie, in kwarte gesny
- 3 groot wortels, geskil en in stukke gesny
- 400 g sampioene, gehalveer
- 4 knoffelhuisies, in skywe gesny
- 4 takkies tiemie
- 2 lourierblare
- 125 ml rooiwyn/rooi druiwesap
- 500 ml beesvleisaftreksel (2 x beesvleisgegeurde aftrekselblokkies opgelos in 500 ml warm water)
- 45 ml meel
- Mikrogolf die botter/olie, spek, knoffel en ui vir 7 minute op Hoog in die Large Oval Roaster.
- Voeg die meel, tamatiepasta, rooiwyn en aftreksel by, meng goed.
- Voeg die wortels, sampioene en beesvleis by.
- Geur met sout & peper.
- Voeg die tiemie en lourierblare by.
- Sit in die oond (deksel op), skakel aan op 160⁰C en bak vir 60 minute.
- Haal die deksel af, voeg die tiemietakkies en lourierblare by en bak vir nog 20-30 minute.
- Bedien met pietersielie aartappels/pasta/Franse brood en groenslaai.
- 6 rooi/wit aartappels geskrop en in happiegrootte stukke gesny,
- 45 ml botter,
- 30 ml vars pietersielie - gekap,
- 15ml sout
- Gebruik 'n Medium Classic Roaster en mikrogolf vir 5 min op hoog (deksel op).
- Roer liggies en mikrogolf vir nog 7-10 min onbedek, op Hoog, tot sag.
- Meng die pietersielie by en bedien.
BOBOTIE AND YELLOW RICE IN THE CLASSIC ROASTERS
- 1 kg maalvleis
- 1 sny witbrood, geweek in ¼ koppie melk
- ½ koppie rosyne
- 3 teelepels blatjang
- 2 teelepels kerriepoeier
- 2 teelepels sout
- 1 ui, gekap
- 3 teelepels appelkooskonfyt
- 2 teelepels suurlemoensap
- 1 teelepel borrie
- 250 ml melk
- 3 eiers, geklits
- 2 droë lourier-/suurlemoenblare
- Meng die Bobotie-bestanddele in die Large Classic Roaster en bak, onbedek by 160⁰C vir 45 minute (of mikrogolf vir 10-15 min, roer twee keer tydens die kookproses).
- Haal uit die oond en roer goed met 'n vurk.
- Meng die eier-bolaag bestanddele en giet oor die maalvleis.
- Voeg lourier-/suurlemoenblare by.
- Bak onbedek tot eierlaag gaar en goudbruin is (of mikrogolf vir 7-10 min en hou eenkant vir 3 minute).
- Sit voor met geelrys en 'n slaai.
- 250 ml rys
- 750 ml warm water
- 1 tl borrie
- 1 handvol rosyne
- sout na smaak
- Plaas al die bestanddele in die Medium Classic Roaster.
- Bak vir 1-1½ uur by 160⁰C saam met die Bobotie (of mikrogolf vir 20-30 minute op Hoog tot droog en donsig).
No comments:
Post a Comment