SHORT-CUT BUNNY CHOW IN THE SNACK BOWLS & MED GOURMET
- ± 300 g oorblywende vleis/hoender/bees/varkvleis, in repies gesny
- 1 x 410g-blik tamatie-en-uiemengsel
- 1 x 410 g Chakalaka met mielies
- ½ van 'n 50 g bruin uiesoppoeier
- 1 pakkie (± 1 kg – 1,2 kg) winkeldeeg
- Spuit die Argilla Snack Bowls (of Soufflé Dishes vir ‘n kleiner opsie) met kleefwerende sproei.
- Vorm die deeg in broodrolletjies en plaas dit in die voorbereide Argilla-bakkies.
-
- > 100g (klein) || 180g (medium) || 220g (groot)
- Meng die Bunny Chow-bestanddele in die Medium Gourmet Roaster.
- Bedek met die deksel en sit dan die Gourmet Roaster en die Snack Bowls saam in die oond.
- Skakel aan by 160⁰C en kook/bak vir 35-40 minute, of tot die brood gaar is.
- Toets
- Doen die "tap check" (gee doodeenvoudig jou brood 'n sagte tik. As dit hol klink, dan is dit klaar), of soek 'n goue voorkoms, of kyk of dit weg trek van die kante van die pan af.
-
- Sny die bokante af en hol die broodtjies uit.
- Vul met die vleismengsel en sit voor saam met die uitgeholde brood.
LAMB CHOP & POTATO CASSEROLE IN THE LARGE OVAL/UTILITY DISH
- 1 of meer skaaptjops per persoon
- 1 aartappel per persoon, in dik skywe gesny
- ± halwe pakkie bruin uiesoppoeier
- Sout, peper of enige ander geurmiddel van jou keuse
- Sojasous
- Worcestersous
- Sprinkel van die soppoeier op die bodem van óf die Large Oval Roaster óf die Oval Utility Dish (wat perfek werk om tjops en steaks mee te bak).
- Rangskik die aartappelskywe bo-op die soppoeier.
- Bedruip met olie en geur met sout (sparig want die soppoeier is reeds sout) en die res van die soppoeier.
- Bedruip elke tjop met olie, soja- en Worcestersous aan albei kante en geur.
- Rangskik die tjoppies bo-op die aartappels.
- Sit die deksel op en plaas in 'n koue oond.
- Skakel aan by 160⁰C en bak vir 60-75 minute.
- Verwyder die deksel vir die laaste 15 minute.
- Sit voor saam met 'n vars slaai.
- Blaarslaai, kersietamaties, pynappel,
- Komkommer, skywe rooi ui,
- Blokkies appels, rosyne, feta
- Bedien met 'n heuning & mosterd sous.
- 50 ml olie,
- 5 ml asyn,
- 5ml heuning/suiker,
- 5 ml dijon mosterd,
- Seldery, grasuie en sprietuie – fyn gekap
- Sout en peper na smaak
- Meng al die bestanddele goed saam.
CREAMY CHICKEN & MUSHROOM CASSEROLE IN THE LARGE OVAL
- 8 x hoenderporsies (4 x boudjies + 4 x dye)
- 1 groot ui, gekap/in ringe gesny
- 300 g gemengde sampioene, gekap
- 8 groot bruin sampioene
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 30 ml meel
- 30 ml botter
- sout en peper of enige ander
- geurmiddels na smaak
- 250 ml room
- Plaas die gekapte sampioene, ui en knoffel in die Large Oval/Classic Roaster.
- Sit klontjies botter op en geur met sout en peper.
- Spoel die hoender af en druk droog.
- Sny 2 of 3 insnydings deur die vel en vleis tot by die been van elke porsie.
- Gooi die meel, sout en peper (geurmiddels) in 'n plastieksak en meng.
- Voeg die hoenderporsies by en skud goed om te bedek.
- Strooi enige oorblywende meel en speserye oor die sampioene, ui & knoffel.
- Rangskik die hoender bo-op die sampioene.
- Bedek met die deksel en plaas in 'n koue oond.
- Skakel aan by 160ºC en bak vir 60 minute.
- Pak die groot bruin sampioene tussen die hoenderporsies, gooi die room oor en bak vir nog 30 minute sonder die deksel.
- Bedien met heerlike Argilla-rys of pasta, gaargemaak in dieselfde oond, of koeskoes voorberei in die Large Oval/Classic Deksel.
SAVOURY MINCE, PAP AND EGGS IN THE MICROWAVE
- 15 ml kookolie
- 300 g maer maalvleis + 200 g
- Spekvleis (of 500 g maalvleis)
- 200 g sampioene, gekap
- 1 ui, fyn gekap
- 1 knoffelhuisie, fyngedruk
- ½ groen soetrissie/1 wortel/1
- Aartappel, gekap (opsioneel)
- 1 tamatie, gekap
- 15 ml tamatiepasta
- 30 ml souspoeier/soppoeier
- Sout en peper of enige ander
- Geurmiddel na smaak
- Sit die olie, ui, knoffel, sampioen en spek stukkies in die medium gourmet roaster en mikrogolf vir 7-10 minute onbedek, roer twee keer.
- Voeg die res van die bestanddele by en mikrogolf vir ‘n verdere 7-10 minute of tot gaar.
- 1 deel mieliemeel + 3 dele warm kraanwater (of half water, half melk) + sout + 1 eetlepel botter (opsioneel).
- Gooi die ongekookte mieliemeel in die Medium Gourmet Roaster.
- Sit die deksel op en kook vooraf vir ±2 minute in die mikrogolf op Hoog.
- Voeg die water by, roer goed en mikrogolf vir ’n verdere 6-8 minute.
- Roer elke 2 minute.
- 1 eier, 2,5 ml botter, sout en peper.
- Spuit die Soufflé Dish met kleefwerende sproei.
- Voeg botter by en mikrogolf vir 20 sekondes op Hoog.
- Breek die eier in die botter.
- Prik liggies, 3-4 keer met 'n tandestokkie.
- Mikrogolf vir 20-25 sekondes op Hoog.
- Sit 'n bietjie langer in as jy van 'n harder eier hou.
- Garneer met kaas (opsioneel).
FUN PIZZA FONDUE IN THE ROUND PIE DISH
- 15 ml olie
- 500 g maalvleis
- 1 ui, fyn gekap
- 820 g pizzasous/sampioen spaghetti
- Sous/vleis gegeurde spaghetti sous
- 500 ml gerasperde kaas (mozzarella en/of cheddar)
- Pepperoni/salami skywe (opsioneel maar aanbeveel)
- Mikrogolf die gekapte ui in die olie vir 5-7 minute op Hoog in die Round Pie Dish.
- Roer twee keer tydens die kookproses.
- Voeg die maalvleis by en mikrogolf vir 7-10 minute op Hoog terwyl jy gereeld roer.
- Voeg die sous by en mikrogolf vir ‘n verdere 5 minute op High.
- Voeg ongeveer ⅔ van die kaas by – een handvol op ’n slag – roer totdat die kaas in die fondue smelt voordat die volgende handvol bygevoeg word.
- Bedek met die oorskietkaas en pepperoni/salami en mikrogolf tot die kaas gesmelt is.
- As jy individuele porsies wil bedien, skep die fondue in Snack Bowls.
- Verdeel die oorskietkaas tussen die bakkies en garneer elke bakkie met pepperoni/salami en mikrogolf tot die kaas gesmelt is.
- Geniet saam met geroosterde panini/baguette brood snye.
No comments:
Post a Comment