ARGILLA - WEEK 6 RESEPTE


SALISBURY-STEAKS IN THE PIE-PANS

Bestandele - Steaks
  • 250 ml fyngemaakte Salticrax beskuitjies, enige geur (± 15 beskuitjies) – grof gebreek en nie te fyn nie
  • 50 ml water
  • Sout en peper of enige ander
  • Geurmiddels
  • 500 g maalvleis
  • ± 50 ml meel om die steaks aan albei kante te seël
Bestandele - Sous
  • 1 x 38g pakkie sampioensous (maak aan met water - of - helfte water en helfte melk/room)
  • Sampioene, gekap
  • Ui/sprietuie, gekap
  • 20ml botter
  • 250 ml cheddarkaas, gerasper
Metode
  • Meng die maalvleis, beskuitjies, water en sout en peper in die Deep Salad/Mixer.
  • Meng liggies, maar deeglik.
  • Smeer vier Pie Pans liggies met olie.
  • Verdeel die maalvleismengsel tussen die Pie Pans en druk dit vas met ‘n vurk, sodat dit gelyk is bo-op.
  • Strooi meel op jou werksoppervlak - haal die vleis uit die Pie Pans en bedek beide kante met meel.
  • Plaas dit terug in die pannetjies, sit dit in 'n koue oond.
  • skakel die oond aan teen 160ºC en bak dit vir 20 minute.
Berei solank jou sous voor: Mikrogolf
  • Die gekapte sampioene, uie en botter in ‘n Small Classic Roaster vir 5-7 minute.
  • Voeg die aangemaakte sampioensous by.
  • Skep die sous oor die gebakte steak.
  • Sit ‘n handvol gerasperde kaas bo-op die sous en sit dit terug in die oond vir 10-15 minute of tot die kaas gesmelt is.
  • Bedien met slaai, chippies, aartappels of groente van jou keuse.

       

    BURGER BOWL (WITH CHIPS AND SAUCE)

    Bestandele

    • 500 g maer maalvleis
    • Sout na smaak
    • Knoffelpoeier en paprika na smaak
    • 2 koppies kersietamaties, gehalveer
    • Blaarslaai, gewas, gedroog en gekap
    • 125 ml cheddarkaas, gerasper
    • 1 avokado in skywe gesny
    • Dille agurkies, in skywe gesny
    • 100 ml rooi ui, fyn gesny
    • 1 komkommer, ontpit en gekap

    Metode

    • Geur die maalvleis en mikrogolf vir 7-10 minute op Hoog of tot gaar.
    • Roer elke 2 minute met 'n vurk.
    • Droog die gekapte blaarslaai met slaaidraaier of 'n bietjie kombuispapier.
    • Gebruik vier Tapas Bowls:
    • Rangskik die blaarslaai (sowat 1½ koppies) oor die bodem van die bakkies.
    • Rangskik die kersietamaties (ongeveer ½ koppie),
    • Gekapte rooi ui (2 teelepels of minder),
    • Agurkies en
    • Gesnyde komkommers,
    • ¼ gaar beesvleis,
    • Gerasperde kaas (sowat 2-3 eetlepels) en 'n paar skywe avokado (sowat 2-3 eetlepels) bo-op die blaarslaai.
    • Verdeel die skyfies (resep op webwerf) tussen vier Soufflé Dishes.
    • Bedien die Burger-bakkies en -tjips met 'n heerlike tuisgemaakte sous in die oukike klein Mini Sauce Bowls.

    Wenk

    • Om jou Burger-bakkies vooruit voor te berei is 'n goeie manier om tyd te bespaar en te verseker dat ‘n heerlike maaltyd gereed is om te geniet tydens besige weeksaande.
    • Al die komponente van hierdie resep kan voor die tyd voorberei word.
    • Ek hou veral daarvan om die sous voor te berei, die groente te was en in blokkies te sny, en selfs die vleis vooraf gaar te maak.
    • Bêre elke komponent van die Burger-bakkies afsonderlik in lugdigte houers in die yskas.
    • Verhit net weer die vleis en berei die skyfies voor.

        

      POKÉ BOWL WITH THE MINI SAUCE- AND TAPAS BOWLS

      1: Kies jou basis

      • Witrys, Bruinrys, Noedels/Rysnoedels, Tortilla-skyfies (Doritos), Volkoring, lensies.
      • Of as jy nie stysel as basis wil gebruik nie, kan jy roket, waterkers, spinasie, babakool gebruik.

      2: Kies jou proteïen

      • Hoender, beesvleis, vis (stokvis, salm, garnale), blik tuna, gekookte eier.

      3: Kies jou groente

      • Blikkie mielies, gaar broccoli, blokkies tamaties, gaar patats in blokkies, gaar/rou rooi of wit kool, sampioene, pynappel, blikkie boontjies, ertjies.

      4: Kies jou sous

      • Pittige Mayo, gewone jogurt gegeur na smaak, Soetrissiesous, Vinaigrette, Sesamolie, Poké Sous, of enige sous van jou keuse.

      5: Kies jou toppings

      • Sesamsaad, avokado, neute, sprietuie,
      • Gekrummelde fetakaas, vars kruie: roket,
      • Basiliekruid, pietersielie, ens., vars gemmer in dun repies gesny,
      • Komkommer,
      • Knoffel,
      • Gemengde sade

      Vir bedining:

      • Klein Porsie: 1 x Basis; 2 Proteïene en 2 groente
      • Medium Bediening: 1,5 x Basis; 3 Proteïene en 2 – 3 groente
      • Groot porsie: 2 x basis; 4 Proteïene en 2 


          

        WHOLESOME BURRITO BOWL IN THE TAPAS BOWLS

        Lewer 2 porsies

        Bestandele

        • Blaarslaai, in skywe gesny
        • ¼ rooi ui, in blokkies gesny
        • Kersie/pruim tamaties, in skywe gesny
        • ¾ koppie gekookte rys
        • ¾ koppie ingemaakte boontjies, gedreineer
        • ¾ koppie suikermielies, gaar
        • Avo skyfies
        • Lancewood chilli & lime dip de lite
        • (of tuisgemaakte dip van jou keuse)

        Bestandele - Hoenderfilette

        • 2 x hoenderfilette
        • 30 – 45 ml bruin uiesoppoeier
        • Paprika en ander geurmiddels na smaak
        • Skoon plastieksak

        Metode

        • Meng die soppoeier en geurmiddels in 'n skoon plastieksak.
        • Spoel die hoenderfilette af en druk droog.
        • Sit die filette in die sakkie en skud goed.
        • Maak seker dat die filette aan albei kante heeltemal bedek is.
        • Plaas die filette langs mekaar in die Small Classic Roaster.
        • Sit die deksel op en mikrogolf dit op Hoog vir 3 minute.
        • Draai die filette om en mikrogolf dit vir nog 2 – 3 minute.
        • Hou eenkant terwyl jy die groente voorberei.
        • Rangskik al die groente en filette in die Tapas Bowls.
        • Bedien en geniet.

            

          BILTONG-POTJIE IN THE MEDIUM GOURMET IN THE MICROWAVE

          Bestandele

          • 1 ui, gekap
          • 1 pak sampioene, in die helfte gesny
          • ½ groen soetrissie, in skywe gesny
          • ½ rooi soetrissie, in skywe gesny
          • 10 ml olie/botter
          • 500 ml pasta
          • 800ml water (genoeg om die pasta heeltemal te bedek)
          • 500 g biltong, dun gesny (nie te vetterig nie)
          • 1 x 410g blik soetmielies
          • 250 ml houer vars room (of meer)
          • Cheddarkaas, gerasper (hoe meer kaas, hoe beter)

          Metode

          • Braai uie, soetrissies en sampioene in die Medium Gourmet Roaster (sonder die deksel) met 10 ml botter/olie in die Mikrogolf op Hoog vir 5-7 minute tot gaar.
          • Roer gereeld.
          • Voeg die pasta en water by en mikrogolf op Hoog vir 10 minute.
          • Moenie die oortollige water weggooi nie.
          • Voeg die biltong en mielies en kaas in lae by.
          • Sit die deksel op en mikrogolf op Hoog vir 8 minute.
          • Roer die room by en bedien.

          Wenk

          • As daar iemand is wat nie ui en soetrissie eet nie, los dit net uit en maak 'n kleiner hoeveelheid apart in die Small Gourmet Roaster.


              


            No comments:

            Post a Comment