PORK CHOPS, SWEET POTATO & CAULIFLOWER WITH WHITE SAUCE
Bestandele - Varktjops
- 4-6 groot varktjops
- 100 ml blatjang
- 100 ml water
- 100 ml dubbelroom gewone jogurt
- 100 ml tamatiesous
- ½ pakkie bruin uiesoppoeier
- Ina Paarman Braai & Grill speserye
- Pak die varktjops in die Oval Roaster.
- Meng die sousbestanddele en gooi oor die tjops.
- Geur met speserye.
- Deksel op - sit in koue oond (met die patats en blomkool),
- Skakel aan op 160°C en bak vir 75-90 minute (verwyder die deksel na 60 minute).
Bestandele - Patats
- 2 groot patats, skoon gewas en in 1 cm-wiele gesny
- Handvol droë koekie/beskuitkrummels
- 15 ml botter (of meer)
- Heuning/stroop/bruinsuiker na smaak
- ‘n knippie sout
- Sprinkel krummels op die bodem van die small classic roaster.
- Pak die patats bo-op.
- Voeg klontjies botter by.
- Voeg die suiker/heuning/stroop by.
- Deksel op - bak saam met die tjops tot die sous lekker stroperig is.
Bestandele - Blomkool & Sous
- 1 mediumgrootte vars blomkool en/of broccoli kleiner gekap
- Gerasperde cheddarkaas
- 30 ml meel
- 30 ml botter
- 250 ml melk
- Sout en peper na smaak
- Gebruik die small deep gourmet roaster
- Voeg blomkool by, sprinkel meel oor, geur en voeg klonte botter by.
- Deksel op - skud liggies.
- Voeg die melk by.
- Bak saam met die tjops.
- Roer na 30 minute.
- Sit terug tot gaar – nie langer as 45 minute nie.
- Garneer met kaas.
Bestandele
- 1-1,2 kg dik ribbeesvleis
- Sout en peper
- Koljander
- Ina Paarman braai & grill speserye
- Olie
- 1-2 knoffelhuisies in die helfte gesny
- 1-2 uie in kwarte gesny
- Sap van 1 suurlemoen
- ±500 g beesworsies
- 250 g klein tamaties
Metode
- Geur die ribbeesvleis en plaas dit in die Large Oval Roaster.
- Voeg die knoffel en ui by.
- Bedruip met olie, bedek met die deksel, sit in 'n koue oond, skakel dit aan op 160ºC en bak tot die vleis amper gaar is - so 45-60 minute.
- Haal die deksel af, draai die ribbetjies om en voeg die worsies, tamaties en suurlemoensap by.
- Bak tot alles mooi bruin is.
- Haal die worsies na sowat 45 minute uit (maak seker dat dit nie oorgaar word nie).
- Sit voor met kapokaartappels, bruinrys of groente van jou keuse.
- Jy kan die aartappels, rys of groente maklik saam met die vleis in dieselfde oond gaarmaak.
Wenk
- Berei genoeg worsies voor en gebruik die oorskiet vir worsrolletjies vir die kosblik
Genoeg vir 6 porsies
Bestandele
- 3 - 4 hoenderfilette in porsies gesny
- 200 g spekvleis, gesny
- 250 ml wit/bruin rys
- 5 ml sout
- ½ rooi, ½ groen, ½ geel soetrissies
- ½ klein botterskorsie
- 1 medium wortel
- 2 heel sprietuie
- Gekapte vars pietersielie (opsioneel)
- 1 x 50 g pakkie wit uie/sampioen soppoeier
- 250 ml room
- 125 ml melk
- 500 ml water
- Sout en peper of enige ander
- Geurmiddels
- 250 ml gerasperde kaas
- Sny die soetrissies, botterskorsie, wortel en sprietuie in blokkies.
- Meng al die bestanddele, behalwe die kaas, in die Large Oval Roaster.
- Proe om te sien of jy genoeg geurmiddels bygevoeg het.
- Sit die deksel op en sit in 'n koue oond.
- Skakel aan by 160⁰C. Bak vir 60 minute.
- Haal die deksel af en voeg die kaas by.
- Bak vir nog 20-25 minute.
- Jy kan die hoender uitlos en dit as bykos bedien.
- Vervang die hoender met vis.
- Voeg 1 blikkie gedreineerde mielies by.
- Vervang die spek met 2 fyngekapte gerookte worsies – russians of chorizo.
Maak 8 x Soufflé Geregte
Bestandele - Beslag
- 500 ml selfrysende meel
- 2 eiers
- ±125 ml olie (sien instruksies)
- ± 125 ml melk (sien instruksies)
- Ekstra melk indien nodig
- 2,5 ml sout
Bestandele - Vulsel
- 500 g maalvleis
- Geurmiddels na smaak
- Gebruik die Medium Classic Roaster -
- geur die maalvleis en mikrogolf dit vir 7-10 minute op Hoog of tot gaar.
- Sit eenkant om af te koel.
Berei die deeg voor:
- Breek 'n eier in 'n koppie, vul halfpad met olie en vul dan tot bo met melk.
- Herhaal dit met die tweede eier.
- Gooi die eiermengsel in 'n Deep Salad/Mixer en klits goed.
- Voeg die meel en sout by en meng.
- As die beslag te styf is, voeg nog 'n bietjie melk by.
- Spuit 8 x Soufflé Dishes met kleefwerende sproei.
- Vul die Soufflé Dishes halfpad met beslag.
- Bedek die beslag met 'n lepel gaar maalvleis en gooi 'n lepel beslag oor die vleis.
- Plaas in koue oond, skakel aan by 160°C en bak vir 25 minute tot goudbruin.
- Sit voor met tamatiesous, blatjang of enige ander sous waarvan jy hou.
Wenk
- Verdubbel die resep en gebruik die helfte om 'n pastei vir aandete saam te klits, en die res in kleiner bakkies vir die kosblik.
1 of 2 Tortillas per persoon.
Bestandele - Vulsel
- Ham, hoender, vis of selfs
- Oorskietvleis
- Gesnipperde blaarslaai
- Tamatie in blokkies gesny of salsa
- Gesnyde/gekapte komkommer, of agurkies
- Guacamole of gesnyde avo
- Gesoteerde/gebraaide sampioene
- Uie, gekap - vars of gebraai
- Gerasperde kaas
- Heuning mosterd sous
- Spuit 2x Groot/Standard Argilla Borde met kleefwerende sproei. (Gebruik 'n bord wat die beste by die tortilla/wrap grootte pas).
- Sit die tortillas/wraps op een bord en bedek dit met die ander bord.
- Sit dit in die oond vir 15-20 minute by 160ºC.
- Haal hulle uit die oond, maar laat hulle bedek op die plaat om te keer dat hulle uitdroog.
- Haal die tortillas/wraps een vir een uit, soos nodig om te vul.
- ⅓ Koppie mayonnaise
- 2 eetlepels mosterd
- 2 eetlepels heuning
- 1 eetlepel asyn
- Sout en peper en enige ander geurmiddels van jou keuse.
- Meng alles goed en gebruik soos benodig.
No comments:
Post a Comment