BRAIDED BREAD IN THE CAKE PUDDING RING
Bestandele
BEEF WELLINGTON IN THE LARGE OVAL ROASTER
Hierdie resep bedien 4 - 6 mense
Bestandele
- ± 1 kg winkelbrooddeeg
- Kaas, gerasper of in repe gesny vir
- Garnering
- Gesmelte botter
- Sesamesaad (opsioneel)
- Enige kouevleis
- Gegeurde roomkaas vir opdiening
- Verdeel die brooddeeg in 3 ewe groot stukke (± 330 g elk).
- Rol dit uit in 3 stringe, ± 35 cm elk.
- Smeer die Cake Pudding Ring met botter of spuit dit met kleefwerende sproei.
- Vleg die drie stringe brooddeeg en plaas dit in die gesmeerde Cake Pudding Ring.
- Bedek met plastiek of kombuishanddoek en laat staan vir sowat 30 minute op 'n warm plek om te rys.
- Smeer met gesmelte botter en sprinkel sesamsaad oor.
- Plaas in koue oond en skakel aan teen 160⁰C.
- Bak vir 35-45 minute tot gaar.
- Sit kaasrepies in 'n kruisvorm bo-op. .
- Laat dit afkoel en bedien met die kouevleis en roomkaas.
- As daar enige oorskiet deeg is, kan jy dit in die Mini Bread Pans bak vir heerlike klein versnaperinge.
- Bak die gevlegte brood terselfdertyd met die kaneelrolletjies.
EASY CINNAMON ROLLS IN THE LARGE CLASSIC ROASTER
Bestandele- ± 1 kg winkeldeeg
- 4 e (60 ml) botter, ekstra saggemaak
- ⅔ koppie ligte of donker bruinsuiker
- 1 e (15 ml) gemaalde kaneel
- ⅔ Koppie (113g) volvet roomkaas, versag tot kamertemperatuur
- 2 e (30 ml) botter, saggemaak tot kamertemperatuur
- ⅔ koppie (113g) versiersuiker
- 1 tl (5 ml) suiwer vanielje-ekstrak
- Rol die deeg op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is uit in 'n reghoek (± 45 × 28 cm).
- Smeer met die botter.
- Meng die kaneel en bruinsuiker en sprinkel oor die botter.
- Rol die deeg in die lengte op in een lang rol.
- Sny in 15 stukke (± 3,5 cm elk) en rangskik in 'n liggies gesmeerde Large Classic Roaster.
- Bedek met die deksel en laat die rolletjies vir 30-45 minute in 'n relatief warm omgewing rys.
- Haal die deksel af en plaas die rooster in 'n koue oond.
- Skakel aan teen 160⁰C en bak vir 35-45 minute of tot ligbruin.
- Sodra dit klaar is, smeer die versiersel oor die warm rolletjies en bedien dadelik.
- Klits die roomkaas op hoë spoed tot glad en romerig.
- Voeg die botter by en klits tot glad en goed gemeng.
- Voeg laastens die versiersuiker en vanielje by en klits tot gemeng.
- Smeer die versiersel oor die warm rolletjies en bedien dadelik.
- Bedek oorskiet rolletjies en bêre by kamertemperatuur vir tot 2 dae, of 5 dae in die yskas.
SUPER EASY BEEF BRISKET IN THE LARGE CLASSIC ROASTER
Bestandele- ± 1,5 kg brisket
- 1 eetlepel fyngedrukte knoffel
- 1 groot ui, gekap
- 2 eetlepels asyn
- 3 eetlepels vars uitgedrukte suurlemoensap
- 1 eetlepel bruinsuiker
- 1 eetlepel heuning
- 100 ml tamatiesous
- ½ teelepel brandrissiepoeier (opsioneel)
- 4 eetlepels worcestersous
- 1 eetlepel mosterdpoeier
- 1 koppie rooiwyn (of water)
- 1 teelepel sout
- Peper na smaak
- Sit die brisket in die Large Classic Roaster.
- Meng al die bestanddele en giet oor die vleis.
- Bedek met die deksel.
- Sit dit in 'n koue oond en skakel dit aan teen 140ºC.
- Rooster vir 2½ - 3 uur of tot gaar.
- Vlok die vleis met 2 vurke in sy sous.
- Sit voor op kapokaartappels, broodrolletjies of tacos.
- Vir kapokaartappels - kook die aartappels saam met die brisket in die oond of gebruik jou mikrogolfoond.
YOGHURT SPONGE CAKE IN THE CAKE PUDDING RING
Bestandele- 4 eiers
- 250 ml gewone dubbelroomjogurt
- 3 x 250 ml suiker
- 250 ml olie
- 3 x 250 ml koekmeelblom
- 15 ml bakpoeier
- ‘n knippie sout
- 5 ml vanieljegeursel
- Versiersuiker vir garnering
- Smeer 'n Cake Pudding Ring, of 2 x Bread Pans, met botter of spuit met kleefwerende kossproei.
- Klits die eiers en suiker saam in die Deep Salad/Mixer.
- Voeg die jogurt en vanieljegeursel by en meng goed. V
- oeg die droë bestanddele by die nat bestanddele en meng met 'n rubberspatel tot net gemeng en al die meel ingewerk is.
- Moenie te veel meng nie - 'n paar klein klontjies in die beslag is goed.
- Skep die beslag in die voorbereide Cake Pudding Ring/Bread Pans en versprei dit eweredig.
- Plaas in 'n koue oond, skakel dit aan teen 160⁰C en bak vir sowat 45 minute of totdat die koek ligbruin is en 'n koektoetser wat in die middel geplaas is skoon uitkom, met net 'n paar krummels.
- Sodra dit afgekoel het, sif versiersuiker oor.
- ’n Eenvoudige, dog heerlike kinkel is om vars suurlemoenskil by die beslag te voeg vir ekstra geur.
- 800g – 1kg Beesfilet
- Sout En Varsgemaalde Peper
- 15 - 30 Ml Olie
- 1 Ui, Fyn Gekap
- 2 Knoffelhuisies, Fyngedruk
- 2 Takkies Tiemie (Opsioneel)
- 30 Ml Sampioensoppoeier
- 750 G Verskeidenheid Sampioene
- 8 Snye (± 125 G) Strepiespek
- 250 G Skilferkorsdeeg
- 1 Eier, Liggies Geklits
- Geur die beesfilet en 250g van die sampioene (grof gekap).
- Braai, sonder die deksel in die Large Oval Roaster, by 160⁰C vir 30 minute.
- Begin altyd met 'n koue oond – moet NOOIT voorverhit nie.
- Draai die filet halfpad deur die roosterproses om.
- Hou die geroosterde sampioene om later voor te sit.
- Gebruik die Medium Classic Roaster en soteer die ui, knoffel, tiemie en die oorblywende 500g sampioene (fyn gekap) in die mikrogolf vir 10 minute.
- Voeg die sampioensoppoeier by en geur na smaak.
- Lê die spekskywe op kleefplastiek uit, smeer die gesoteerde sampioenmengsel daaroor.
- Plaas die filet bo-op en rol die filet styf op in die spek, gebruik die plastiek om alles bymekaar te hou.
- Verkoel vir 30 minute in die yskas.
- Rol die skilferkorsdeeg uit, plaas filet in die middel en rol dit dan op.
- Smeer die deeg met die geklitste eier en bak in die Large Oval Roaster by 160ºC vir 30-45 minute tot goudbruin.
- Rus vir 10 minute voor jy dit sny.
- Sit voor saam met die geroosterde sampioene en mosterdsous.
- Jy kan groente saam met die Beef Wellington rooster vir 'n volledige maaltyd.
No comments:
Post a Comment