NOG 'n PAAR ARGILLA RESEPTE




INHOUDSOPGAWE


Kliek of op die Resep om vinnig na hom toe tes spring


 #1 Vegetable Casserole

 #2 Roasted Vegetables

 #3 Oxtail and Beans

 #4 Lasagne Treffer (baie lekker!)

 #5 Smoked Paprika Chicken

 #6 Brown Rice and Roasted Vegetables

 #7 Salsa and Mayo Sauce

 #8 Everyday Soup

 #9 Easy 1-Bowl Fish Soup

 #10 Leg of Lamb

 #11 Oxtail and Beans

 #12 Fresh Summer Salad with Honey and Mustard Sauce

 #13 Red Enchilada Sauce

 #14 Sago Pudding - Traditional / Condensed Milk

 #15 Brown Dumpling Pudding

 #16 Crispy Pork Belly

 #17 Melkkos in die Mikrogolf

 #18 Chicken Livers in Tomato Cream Sauce

 #19 Creamy Chicken Enchilada

 #20 Creamy mushroom and black pepper sauce

  

  

  


#1 VEGETABLE CASSEROLE

Bestanddele
  • Vars groente van jou keuse –ek het botterskorsies en patat gebruik
  • Ui, in ringe gesny
  • Sprietuie, gekap
  • 5 ml knoffel, gekap
  • 4-6 vars mielies
  • 200 g streepspek
  • 100 ml botter, gesmelt
  • 4 x 5 ml botter vir die groente
  • Bietjie krummels (ek gebruik beskuitkrummels)
  • 2 ml paprika
  • 2 ml knoffelvlokkies
  • Vars pietersielie, gekap
  • Sout, peper en geurmiddels na smaak
Metode
  • Pak die groente en gesnyde uie in die Argilla Large Rectangular bowl.
  • Geur met sout, peper en knoffel.
  • Trek die blare van die mielies af en draai een streepspek om elke mielie.
  • Snipper die oorblywende spek en voeg dit by die groente.
  • Strooi bietjie krummels bo-oor die groente en stip dit met die 4 x 5ml botter.
  • Pak die mielies bo-op die groente.
  • Meng die gesmelte botter, geurmiddel van jou keuse, paprika en knoffelvlokkies en bedruip elke mielie daarmee.
  • Sit die deksel op.
  • Sit in ‘n koue oond, skakel die oond aan teen 160 ºC en bak vir 60 minute of tot gaar.
  • Heerlik saam met enige vleisgereg.
Wenk
  • Bedien saam met ons Vark Tjops in Soet Wyn en Sampioen Sous – Resep onder Effortless Dinner Ideas #17.


Bestanddele
  • Jy kan enige gemengde, verwerkte of vars groente gebruik wat beskikbaar is in die seisoen, grofgekap.
  • Byvoorbeeld:
    • Pampoen of botterskorsies, in blokkies gesny,
    • Baba wortels, gesny,
    • Murgpampoentjies, in blokkies gesny,
    • Klein aartappels, heel of groter aartappels wat gesny is,
    • Uie, in kwarte/skywe gesny,
    • Patats, in blokke gesny,
    • Groen-, rooi- en geelsoetrissies (peppers),
    • Olie – verkieslik olyfolie,
    • Vars of gedroogde kruie,
    • Sout en peper of enige ander geurmiddels na smaak.
Metode
  • Plaas die rou, grof verwerkte groente in die Argilla Large Oval Roaster bak.
  • Besprinkel met olie.
  • Strooi jou kruie oor.
  • Geur met sout en peper of ander geurmiddels.
  • Roer liggies deur.
  • Sit die deksel op en bak in die oond teen 160⁰C vir 30 – 45 minute.
  • Roer halfpad deur die baktyd en haal dan die deksel af.
  • Die groente moet gaar, maar nie pap, wees nie.
  • Dit is nie nodig dat jy spesifieke groentes hoef te gebruik nie, gebruik net wat jy het.
Wenk
  • Vir afwisseling kan die groente met bruinuiesoppoeier gesprinkel word voor dit gebak word.
     
     

    #3 OXTAIL AND BEANS

    Bestanddele
    • 2 beessterte
    • 2 groot uie, grof gekap
    • 1 blikkie, 410g, baked beans in tomato sauce
    • Sout, peper en geurmiddels na smaak
    • ‘n bietjie paprika – opsioneel
    • ‘n bietjie olie
    • ‘n paar wortels in repe gesny – opsioneel
    Metode
    • Sit die ui, wortels en beesstert in die Large Gourmet Roaster.
    • Geur met sout, peper en geurmiddels van jou keuse.
    • Sprinkel met ‘n klein bietjie olie.
    • Sit die deksel op en kook vir ongeveer 2-ure in die oond teen 160°C of totdat die vleis lekker sag is (moet nog aan die beenjies vassit, maar maklik afkom).
    • Voeg die boontjies by en kook vir ‘n verdere 30-minute sonder die deksel.
    • Wenk
    • Bedien met samp en ‘n lekker vars slaai.
    • Jy kan die samp in ‘n Small Deep Gourmet maak en saam met die beesstert in die oond gaar maak.
       
       

      #4 LASAGNE TREFFER (BAIE LEKKER!)

      Bestanddele
      • 500-700g maalvleis
      • 2 bottels tamatie pasta sous (enige geur)
      • 2 houers (230g x2) ongegeurde gladde roomkaas/maaskaas
      • 125ml gerasperde parmesan kaas
      • lasagne velle
      • sout en pepper
      • 250ml water om die pasta bottels mee te spoel
      • 500ml gerasperde mozzarella kaas
      • 2 eiers
      Metode
      • Geur die maalvleis met sout en peper.
      • Mikrogolf vir 5-minute in ‘n Medium Argilla bak (Med Classic / Med Gourmet / Med Rectangular / Med Oval) op Hoog.
      • Roer gereeld.
      • Voeg die pasta sous by die maalvleis.
      • Spoel die bottels met die water uit en voeg dit ook by die maalvleis.
      • Mikrogolf dit weer vir 3-5 minute op Hoog.
       
      • Meng intussen die room/maaskaas, Mozarella, Parmesan en eiers.
      • Plaas ‘n kwart van die maalvleismengsel op die bodem van ‘n Argilla Large Rectangular Roaster bak, gevolg deur ‘n laag lasagne velle, dan weer ‘n laag maalvleismengsel.
      • Dan die helfte van die kaas en eier mengsel.
      • Pak dan so lae om die beurt en eindig met die laaste helfte van die kaas en eier mengsel.
      • Sit die deksel op en bak vir 40-minute in die oond teen 160°C.
      • Haal die deksel af en bak vir nog 10-minute tot die kaas mooi bruin gesmelt is.
      • Onthou om nooit die oond te voorverhit wanneer jy Argilla produkte gebruik nie.
      • Jy plaas jou bak in ‘n koue oond en laat dit saam met die oond warm word.
      • Op hierdie manier spaar jy sommer ook op jou elektrisiteitsverbruik.
         
         

        #5 SMOKED PAPRIKA CHICKEN

        Bestanddele
        • 750 g ontbeende, vellose hoenderstukke, in stukke gesny
        • 30 ml olie
        • 2 middelslag uie, dun gesny
        • 4 knoffelhuisies, fyngekap
        • 30 ml meel
        • 30 ml gerookte paprika
        • 250 ml hoenderaftreksel
        • 1 blikkie (410 g) tamaties in blokkies gesny
        • 100 ml suurroom plus ekstra vir opdiening
        • Gaar pasta vir opdiening
        • Vars pietersielie, gekap, vir garnering
        Metode
        • Sit die ui, knoffel en olie in die Large Classic Roaster en mikrogolf vir 5-7 minute op High.
        • Voeg die hoenderstukke en al die ander bestanddele by, behalwe die pasta, suurroom en pietersielie.
        • Mikrogolf vir 15-20 minute op Hoog.
        • Roer af en toe.
        • Voeg die suurroom by en mikrogolf vir nog 5-10 minute.
        • Sit voor op pasta en garneer met bietjie ekstra suurroom en pietersielie.
        • Vind die instruksies oor hoe om pasta in jou mikrogolf te kook, in ons Basiese Kookgids.
           
           

          #6 BROWN RICE AND ROASTED VEGETABLES

          Bedien met die Vark Tjops en Bruin Sampioene van WEEK 10 van ons Moeitelose Aandete Idee Resepte.
           
          Bestanddele – Rys
          • 250 ml bruinrys
          • 750 ml water
          • 1 blokkie hoender/beesvleisaftreksel
          • Sout na smaak
          Metode
          • Meng saam in ‘n Medium Gourmet Roaster.
          • Mikrogolf onbedek op Hoog vir 10 minute.
          • Verminder krag tot 50%, bedek die bak en mikrogolf vir nog 20 minute.
          • Hou eenkant vir 10 minute.
          • Berei die geroosterde groente voor terwyl die rys rus.
          • Bestanddele – groente
          • 2 medium wortels, in repe gesny
          • ½ van ‘n klein botterskorsie, in blokkies gesny
          • ½ koppie broccoli, in klein stukkies gesny
          • ½ koppie blomkool, in klein stukkies gesny
          • Olie
          • Paprika
          • Sout en peper
          • Fetakaas
          • 30 ml gemengde sade
          Metode
          • Plaas die groente in ‘n Medium Classic Roaster.
          • Bedruip met olie.
          • Geur met die paprika, sout en peper.
          • Mikrogolf vir 10 minute, onbedek op Hoog.
          • Kombineer
          • Gooi die gaar bruinrys in een van ons slaaibakke, of verdeel dit tussen die kleiner Pasta/Salad Bowls vir individuele porsies.
          • Voeg die geroosterde groente by die rys en bo-op met die gemengde sade en gekrummelde feta.
          • Sit voor met gewone jogurt gegeur met knoffel en kruie speserye of ons heerlike Mayo Sous.
             
             

            #7 SALSA AND MAYO SAUCE

            Bedien die Salsa- en Mayo Sous saam met die Hoender-, Vis- en Beesvleiskoekies van WEEK 10 se Resepte.

            Bestanddele – Salsa
            • ½ Pynappel geskil en in klein blokkies gesny
            • 1 groen appel, geskil en in klein blokkies gesny
            • Komkommer, geskil en in blokkies gesny
            • 1 klein rooi ui, geskil en in blokkies gesny
            • 15 ml suurlemoensap
            • 10 ml olyfolie
            • 5 ml suiker
            • Sout na smaak
            Metode
            • Meng al die salsa-bestanddele in ‘n Tapas Bowls of die kleiner Pie Pans.
            • Rangskik jou hoender-, vis- of beesvleiskoekies op ’n pragtige Argilla-bord.
            • Skep ‘n klein bietjie van die salsa en sous op die patties en geniet saam met ‘n stukkie varsgebakte brood.
            • Bestanddele – mayo sous
            • 100 ml mayonnaise
            • 100 ml gewone jogurt
            • 5 ml suiker
            • Ina Paarman se Knoffel & Kruie Geurmiddels
            • sout en peper
             
            • Meng saam en bedien teen kamertemperatuur.
               
               

              #8 EVERYDAY SOUP

              Bestanddele
              • 250 ml 4-in-1 sopmengsel
              • 6 koppies water
              • 3 bees/hoender aftrekselblokkies opgelos in 100ml warm water
              • 2 uie, fyn gekap of gerasper
              • 15 ml fyngekapte knoffel
              • Beenmurg/skenkels/enige kookvleis van jou keuse
              • Sout, peper en ander geurmiddels na smaak
               
              Opsioneel:
              • 2 aartappels, gerasper
              • 2 wortels, gerasper
              • 100 ml vars pietersielie, gekap
              Metode
              • Voeg al die bestanddele in die Deep Gourmet Roaster.
              • Sit die deksel op en kook vir 90-minute teen 160°C -of- oornag teen 100°C.
              • Laat die sop vir ongeveer 30-minute staan voor opdiening.
               
              • Hierdie is ‘n fantastiese basis vir amper enige tiepe sop.
              • Gebruik groente, geurmiddels en kruie na jou keuse.
                 

                #9 EASY 1-BOWL FISH SOUP

                Bestanddele
                • 1x 400g blikkie tamatieroomsop
                • 1x 400g blikkie sampioenroomsop
                • 1x 170g blikkie tuna in water
                • 1x 85g blikkie gerookte mossels in olie
                • 600g hake fillette
                • 15ml knoffel, fun gekap/crushed garlic
                • Vars pietersielie, fyn gekap
                • Suurlemoensap
                • Sout en swart peper na smaak
                • 1 blikkie melk vir elke blikkie sop (2 blikkies melk in totaal)
                Metode
                • Sny die hake fillette in kleiner blokkies op en stoom dit gaar in die Deep Gourmet Roaster in die mikrogolfoond op Hoog.
                • Voeg nou die res van die bestanddele by die vis en kook dit vir 20-25 minute op Hoog in die mikrogolfoond met die deksel op.
                • Roer elke 5-minute.
                   
                   

                  #10 LEG OF LAMB

                  Bestanddele
                  • ± 2,0 – 2,5 kg skaap/lamsboud,
                  • Bisto instant meat flavoured gravy powder (opsioneel),
                  • 3 – 4 knoffelhuisies, fyngedruk (opsioneel),
                  • 1 of meer ui in 4 gesny (opsioneel),
                  • Aartappels (opsioneel),
                  • Geurmiddels van jou keuse,
                  • Sout en peper,
                  • ‘n bietjie vloeistof (bier, wyn, water) om die onderkant van die bak te bedek
                  Metode
                  • Bedek die onderkant van die Large/XL Oval Roaster met ‘n bietjie vloeistof.
                  • Voeg die knoffel en ui by.
                  • Sprinkel beide kante van die vleis met die Bisto, sout en peper of jou gunsteling geurmiddel.
                  • Sit in ‘n koue oond en skakel dit aan by 160ºC.
                  • Sit die deksel op en bak vir 60 – 90 minute of tot gaar en pragtig bruin.
                  • Moenie oorgaar maak nie.
                  • Bedien warm of koud.
                  NOTA
                  • Jy kan lekker groot aartappels in die XL Oval Roaster, en baba aartappels in die Large Oval Roaster by voeg.
                  • Gooi dit net goed sout en rankskik dit om die vleis.
                     
                     

                    #11 OXTAIL AND BEANS

                    Bestanddele
                    • 2 beessterte
                    • 2 groot uie, grof gekap
                    • 1 blikkie, 410g, baked beans in tomato sauce
                    • Sout, peper en geurmiddels na smaak
                    • ‘n bietjie paprika – opsioneel
                    • ‘n bietjie olie
                    • ‘n paar wortels in repe gesny – opsioneel
                    Metode
                    • Sit die ui, wortels en beesstert in die Large Gourmet Roaster.
                    • Geur met sout, peper en geurmiddels van jou keuse.
                    • Sprinkel met ‘n klein bietjie olie. Sit die deksel op en kook vir ongeveer 2-ure in die oond teen 160°C of totdat die vleis lekker sag is (moet nog aan die beenjies vassit, maar maklik afkom).
                    • Voeg die boontjies by en kook vir ‘n verdere 30-minute sonder die deksel.
                     
                    • Bedien met samp en ‘n lekker vars slaai.
                    • Jy kan die samp in ‘n Small Deep Gourmet maak en saam met die beesstert in die oond gaar maak.
                       
                       

                      #12 FRESH SUMMER SALAD WITH HONEY AND MUSTARD SAUCE

                      Bestanddele slaai
                      • Jy kan enige bestanddele vir die slaai gebruik. Ons het gebruik:
                      • Botter blaarslaai,
                      • Kersietamaties,
                      • Pynappel,
                      • Avokado,
                      • Gerasperde wortel,
                      • Appels in blokkies,
                      • Rosyne,
                      • Gekrummelde feta
                      • Bestanddele Sous
                      • 50 ml olie,
                      • 5 ml asyn,
                      • 5ml heuning/suiker,
                      • 5 ml dijon mosterd,
                      • Seldery, grasuie en sprietuie – fyn gekap
                      • Sout en peper na smaak
                      Metode
                      • Meng goed en gooi oor die slaai of bedien aan die kant.
                         
                         

                        #13 RED ENCHILADA SAUCE

                        Lewer 500ml
                         
                        Bestanddele
                        • 30 ml (2 eetlepels) meel
                        • 15 ml (1 eetlepel) brandrissiepoeier (of meer as jy van warm hou, maar minder indien nie)
                        • 2,5 ml (½ teelepel) knoffelpoeier
                        • 2,5 ml (½ teelepel) gemaalde komyn
                        • 1,5 ml (¼ teelepel) gedroogde origanum
                        • 1,5 ml (¼ teelepel) sout
                        • Knippie fyn kaneel (opsioneel)
                        • 30 ml (2 eetlepels) olyfolie
                        • 30 ml (2 eetlepels) tamatiepasta
                        • 500 ml (2 koppies) hoender- of groenteaftreksel (2 aftrekselblokkies opgelos in 500 ml warm water)
                        • 5 ml (1 teelepel) appelasyn/witasyn
                        • Gemaalde swartpeper, na smaak.
                        Metode
                        • Meng al die droë bestanddele in die Small Deep Gourmet Roaster.
                        • Meng al die nat bestanddele met die aftreksel.
                        • Voeg ‘n bietjie van die aftrekselmengsel by die droë bestanddele om ‘n pasta te maak.
                        • Klits die mengsel terwyl die res van die aftrekselmengsel bygevoeg word.
                        • Meng goed en mikrogolf op Hoog.
                        • Kook die sous totdat die sous effens verdik het.
                        • Klits aanhoudend om te voorkom dat klonte vorm.
                        • Proe en voeg nog sout by, indien nodig.
                        • Verkoel en bottel en hou in yskas.
                        Wenk
                        • Ekstra enchiladasous sal tot 5 dae goed in die yskas hou.
                        • Of vries dit vir tot 3 maande.
                        • Laat dit afkoel tot kamertemperatuur voordat dit na ‘n glasbottel/fles oorgeplaas word.
                           
                           

                          #14 SAGO PUDDING - TRADITIONAL / CONDENSED MILK

                          Bestanddele
                          • 250 ml sago
                          • 1,5 liter melk
                          • 250 ml suiker
                          • N knippie sout
                          • 1 eetlepel margarien of botter
                          • 3 eiers, geskei
                          • 1 t vanieljegeursel
                          • Appelkooskonfyt
                          Metode
                          • Week die sago vir 3-4 uur in 500 ml melk.
                          • Mikrogolf 1 liter melk, sout en margarien vir 10 minute op Hoog in die Argilla Large Gourmet Roaster.
                          • Klits intussen die eiergele en suiker tot romerig.
                          • Voeg die geweekte melk-sago-mengsel by die gekookte melkmengsel en meng goed.
                          • Mikrogolf dit op Hoog vir 5 minute.
                          • Haal uit die mikrogolf en roer goed.
                          • Mikrogolf dit vir nog 5 minute en roer weer goed.
                          • Voeg nou die eiergeelmengsel by en roer goed.
                          • Mikrogolf dit op Hoog vir 5 minute en roer weer goed.
                          • Klits die eierwitte styf.
                          • Vou die styfgeklopte eierwitte en vanielje liggies in.
                          • Laat staan vir 15 minute om te stol.
                          • Blop appelkooskonfyt hier en daar.
                          • Geniet saam met vla en/of roomys.
                           
                          Kondensmelk - Bestanddele
                          • 1½ koppies sago
                          • 3 koppies water
                          • 2 koppies melk
                          • ½ teelepel sout
                          • 1 blik kondensmelk
                          • 2 eiers + 1 eier geskei
                          • 1 eetlepel botter
                          • 1 teelepel vanielje-ekstrak
                          • Kaneel om bo-oor te strooi (opsioneel)
                          Metode
                          • Meng sago, water, melk en sout in die Large Gourmet Roaster.
                          • Kook vir 3 minute by 100% krag in die mikrogolfoond.
                          • Roer.
                          • Mikrogolf vir ‘n verdere 7 minute, roer na elke minuut.
                          • Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die fyn kaneel.
                          • Roer goed deur.
                          • Skei die wit en die geel van 1 eier en klits die wit styf.
                          • Vou die styfgeklopte eierwit by die sagopoeding in tot goed gemeng.
                          • Laat staan vir 15 minute om te stol.
                          • Blop appelkooskonfyt hier en daar.
                          • Geniet saam met vla en/of roomys.
                          Bestanddele – Vla
                          • 10 – 15 ml vlapoeier (hang af van hoe styf jy dit wil hê)
                          • 250 ml melk
                          • 10 – 15 ml suiker (hang af van hoe soet jy dit wil hê)
                          • 5 ml vanieljegeursel
                          • ‘n knippie sout
                          Metode
                          • Berei eers die vlapoeier met ‘n klein hoeveelheid van die melk voor om klonte te vermy.
                          • Voeg die res van die melk, suiker en knippie sout by.
                          • Mikrogolf op hoog vir 2 minute of tot dit begin kook – roer elke 30 sekondes.
                          • Voeg die vanieljegeursel by.
                          • Roer en bedien warm of koud.
                             
                             

                            #15 BROWN DUMPLING PUDDING

                            Bestanddele Deeg
                            • 125 ml of meer appelkooskonfyt
                            • 2 t koeksoda
                            • 125 ml botter of margarine net smeerbaar
                            • 375 ml koekmeel
                            • ¾ t sout
                            • Bestanddele Sous
                            • 625 ml water
                            • 250 ml suiker
                            • 1 t gemmer
                            • 3 ml sout
                            Metode
                            • Meng appelkooskonfyt, koeksoda en botter.
                            • Voeg die res van deeg bestanddele by.
                            • Geen vloeistof moet bygevoeg word nie, gebruik nog appelkooskonfyt as die deeg te styf is.
                            • Maak die sous:
                            • Meng al die stroopbestanddele en kook dit vir 6 – 10 minute op Hoog in die Argilla Classic Salad/Cake Pudding Ring in die mikrogolfoond.
                            • Skep lepels vol van die deegbeslag in die kokende stroop. (Die deeg kan maar redelik styf wees).
                            • Kook die kluitjies vir 5 minute op Hoog in die mikrogolfoond.
                            • Draai die kluitjies om en kook vir nog 5 minute op Hoog.
                            • Laat staan vir 2 minute.
                            • Bedien met vla, room of roomys.
                            NOTA
                            • Die kluitjies kan ook in die oond gebak word vir 35 – 40 minute teen 180⁰C.
                            • Kook die stroop in die mikrogolf, skep die kluitjies in die stroop en bak dan in die oond.
                               
                               

                              #16 CRISPY PORK BELLY

                              Bestanddele
                              • ± 1,5 kg varkpens (met been),
                              • 2 middelslag uie, in ringe gesny,
                              • 6 naeltjies (of ‘n knippie gemaalde naeltjies),
                              • ‘n handvol salieblare (of vervang dit met roosmaryn/tiemie),
                              • 30 ml growwe sout,
                              • 15 ml bakpoeier,
                              • 1 x 330 ml appelbier (savanna/savanna light),
                              • Baba-aartappels (opsioneel).
                              Metode
                              • Sit die uieringe in die Large Classic Roaster / Large Oval Roaster.
                              • Sprinkel hulle met óf salie, roosmaryn of tiemie en naeltjies.
                              • Gooi die appelbier oor die uie.
                              • Gebruik ‘n skerp mes en sny verskeie snye oor die vel van die varkpens (sny deur die vel en vet, maar nie in die vleis nie).
                              • Sprinkel die bakpoeier en sout oor en vryf dit met jou vingers oor die vel en in die kepe in (die bakpoeier sorg vir ‘n heerlike bros vel).
                              • Plaas die varkpens met die velkant na bo, bo-op die uie in die Large Classic/Oval Roaster.
                              • Skakel die oond aan en bak vir 2½ – 3 uur by 160ºC.
                              • Voeg die baba-aartappels vir die laaste uur by.
                              • Bak tot bruin en bros.
                              • Sit voor met slaai en ingelegde kwepers.
                                 

                                #17 MELKKOS IN DIE MIKROGOLF

                                Bestanddele
                                • 1 liter melk
                                • 2 ml sout
                                • 180 ml koekmeel
                                • 15 ml botter of margarien
                                • kaneelsuiker
                                Metode
                                • Mikrogolf die melk vir 10-minute in die Medium Gourmet Roaster.
                                • Meng intussen die koekmeel en sout (ek sit dikwels net so ‘n teelepeltjie suiker ook by).
                                • Vryf die botter met jou vingers in die meel in.
                                • Voeg die meelmengsel by die warm melk.
                                • Klits met ‘n draadklitser totdat klontjies vorm.
                                • Mikrogolf dit vir ‘n verdere 4-minutes op hoog.
                                • Bedien dadelik – sprinkel met ‘n bietjie lekker kaneelsuiker.
                                   
                                   

                                  #18 CHICKEN LIVERS IN TOMATO CREAM SAUCE

                                  (Maak 2 porsies)
                                   
                                  Bestanddele
                                  • 500 g hoenderlewers
                                  • Sout en peper na smaak
                                  • 1 eetlepel olie
                                  • 1 ui, gekap
                                  • ½ blikkie tamatiepuree
                                  • 1 koppie vars room
                                  • Tabasco sous na smaak
                                  • Vars gekapte soet basiliekruid
                                  Metode
                                  • Maak die lewers goed skoon en week vir 10 – 20 minute, in bietjie melk indien so verkies.
                                  • Spoel af met water.
                                  • Braai die ui in die olie in die Medium Classic Roaster vir 3 – 5 minute op hoog in ‘n mikrogolfoond.
                                  • Geur die hoenderlewers met sout en peper na smaak en voeg by die uie.
                                  • Mikrogolf vir 7 – 8 minute op hoog of totdat die lewers gaar is.
                                  • Voeg die tamatiepuree en room by en mikrogolf vir nog 3 – 5 minute tot die hoenderlewers gaar is.
                                  • Geur na smaak met Tabasco sous en nog sout en peper indien verkies.
                                  • Sit warm voor en garneer met vars gekapte basiliekruid.
                                  NOTA
                                  • As die sous te dun is, voeg ’n bietjie tamatieroomsoppoeier by om dit te verdik – opsioneel – maar met vars brood sal jy ’n dunner sous geniet.
                                     
                                     

                                    #19 CREAMY CHICKEN ENCHILADA

                                    Bestanddele
                                    • 1 bakkie (230 g) roomkaas, saggemaak
                                    • 30 ml (2 eetlepels) water
                                    • 10 ml (2 teelepels) uiepoeier
                                    • 10 ml (2 teelepels) gemaalde komyn
                                    • 2,5 ml (½ teelepel) sout
                                    • 1,5 ml (¼ teelepel) peper
                                    • 4 – 5 koppies gekookte hoender in blokkies gesny
                                    • 10 tortillas teen kamertemperatuur
                                    • 1 blikkie (410 g) condensed cream of chicken soup, undiluted
                                    • 250 ml (1 koppies) suurroom
                                    • 250 ml (1 koppie) melk
                                    • 1 groen soetrissie, fyn gekap (of as jy van warm hou – 1 jalapeno, fyn gekap – pitte verwyder)
                                    • 375 ml (1½ koppies) cheddarkaas, gerasper
                                    Metode
                                    • Meng sop, suurroom, melk, sout en peper in ‘n mengbak.
                                    • Bedek die onderkant van die Large Rectangular Roaster met ‘n bietjie van die sousmengsel – hou die res om oor enchiladas te gooi.
                                    • Klits roomkaas, water, uiepoeier, komyn, sout en peper in ‘n groot genoeg bak tot glad.
                                    • Roer hoender by.
                                    • Plaas ongeveer ‘n ¼ koppie hoendermengsel in die middel van elke tortilla.
                                    • Rol op en plaas naatkant na onder in die Large Rectangular.
                                    • Gooi die res van die sous oor die enchiladas.
                                    • Strooi kaas oor.
                                    • Sit in koue oond – skakel aan by 160 ºC en bak, onbedek, 30-40 minute of tot deurwarm.
                                       
                                       

                                      #20 CREAMY MUSHROOM AND BLACK PEPPER SAUCE

                                      Bestanddele
                                      • 1 x 38 g sakkie swartpeper droë sous
                                      • 200 g gekapte sampioene
                                      • 30 ml botter
                                      • 250 ml kook water (of helfte water en helfte melk)
                                      Metode
                                      • Mikrogolf die gekapte sampioene en botter in die Small Deep Gourmet Roaster vir 5-7 minute op Hoog.
                                      • Maak die inhoud van die sakkie leeg in die bak met die sampioene en voeg 125 ml water by.
                                      • Roer met ‘n vurk vir ‘n minuut lank, tot dit dik en glad is.
                                      • Voeg 125 ml warm melk (of water) by en roer goed.
                                      • Bedien met steak of ons bekende Steak Schnitzels.
                                        
                                        
                                        
                                        
                                         
                                        (circa. 2024)
                                         
                                         
                                         
                                         
                                         
                                         
                                         
                                         
                                         
                                         
                                         
                                         
                                         

                                        No comments:

                                        Post a Comment